Polisie ondersoek klag van brandstigting

Brande woed voort in Nelson Mandelabaai Foto: Port Elizabeth Crime News & Community Information Centre, Facebook

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek bewerings dat twee mans glo verantwoordelik is vir die brande in Nelson Mandelabaai.

ʼn Stemboodskap is vroeër op sosiale media versprei waarin ʼn man beweer hy het gesien hoe twee mans petrolkanne in die Sardiniabaai-natuurreservaat in Port Elizabeth dra. Die stemboodskap sê verder die mans het glo in die rigting van Schoemanskop gejaag en dat die gemeenskap moet help om hulle vas te trek.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die Walmer-polisie het ʼn verklaring afgeneem by iemand wat beweer hy het gesien hoe twee mans met petrolkanne by Sardiniabaai die brande stig.

Naidu het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar die saak word ondersoek.

Intussen is daar Donderdagaand voortgegaan om brande te blus in die Van Stadensrivier-gebied, Bushbuck Ridge, Sardiniabaai, Rocklands en Victoriarylaan.

Mthubanzi Mniki, woordvoerder vir die munisipaliteit, het gesê nooddienste probeer lewens red sowel as die brande blus.

“Afgesien van die vier informele hutte wat vroeër Donderdag afgebrand het, is daar geen ander skade aangemeld nie,” het Mniki gesê.

Die brande het Woensdag in Nelson Mandelabaai begin en Donderdagoggend oor die metro begin versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hoop ·

Jy hoor altyd dit kon vermoedelik brandstigting wees en word ondersoek, maar daar kom gewoontlik dadels van.

Morsjors ·

Ag soos die vorige keer waar daar videos en ooggetuies was van mense wat brande stig en daar het net eenvoudig NIKS van gekom nie. Praat en praat en doen niks. Natuurlik was daar brandstigting, maar die libs en die regering wil dit nie glo nie, want hulle doen nooit iets verkeerd nie, so moenie nog julle tyd mors nie. As julle hulle vang, wat se bewyse het julle? En indien enige bewyse wat se straf kry hulle? In SA is brandstigting NIE ‘n offence nie, anders sou 80% van die bevolking al in die tronk gesit het. Wat het die BRANDSTIGTERS van Coligny oorgekom?

Johan ·

Ek sal nie verbaas wees as die aantygingswaar is nie…..daar is landburgers in die land wat tot enige iets instaat is…….as jy skole kan afbrand…kan jy enige iets afbrand….

Han ·

Ek stem saam , Johan. Hierdie brandstigters hoort lewenslank indie tronk! Dit is poging tot moord.

Nettie ·

Watter vreugde en self-behae kry mens daaruit om ‘n brand doelbewus te stig – ‘n situasie te skep waarin tientalle mense kan sterf, 1000’e ontwrig en ontheem word en miljoene rande se skade aangerig word? In so ‘n persoon se kop moet daar iets fout wees; daar kan nie sprake wees van enige regdenkenheid nie. Ek sou dink dat brandstigters geklassifiseer moet word en in ‘n inrigting vir sielsiekes opgeneem moet word as straf.

al ·

Ek stem heelhartig saam met jou. Brandstigting/brand het ñ enorme traumatiese effek op jou – of jy in ñ sinkhuis of in ñ paleis bly.
Dis verby siek om mense se lewens in gevaar te stel en om die ekonomie te saboteer.
Die wraak kom my nie toe nie, maar ek bid dat God hierdie brandstigters sal vergeld.

Tina ·

Soos al die kinder moorde in die Wes Kaap – lyk dit vir my ‘n poging van politiese parteie om onrus te stook !! Hulle dit nie sien dat mense in vrede lewe en hulle nie daar in bewin is nie. Die sad ding is dat dis die persone wat na onafhanklikheid gebore is. Ons het so ‘n mooi land. Kan ons nie net almal in vrede lewe nie???? Is dit so moeilik?

Rika ·

Daai mense het nie God in hulle harte nie….God gaan hulle straf ..ons moet op ons Hemelse Vader vertrou.onthou Hy sluimer of slaap nie.

Ai ·

Sover ek weet was die Knysna brande veroorsaak deur weerlig maar dis heel moontlik dat sekeres gehoor het van die geld en voorraad wat ingesamel word vir die Knysna mense en besluit het hulle wil ook “gehelp” word?

Klink verregaande, ne? Nie in n land waar meeste mense dink alles is n reg nie.

Natuurlik is die kans om anargie te veroorsaak ook n moontlikheid.

Soos daar gese is: “Some men just want to watch the world burn.”

simpatie ·

Ons bid dat ons Hemelse Vader weer Lig vir die brandslagoffers sal bring want menslik gesproke is dit nou net aaklige donkerte. Ons bid vir elkeen sterkte, genade en liefde toe.

al ·

Ek lees dat die banke en privaatsektor geld insamel vir die slagoffers.
En hoekom skenk ons regering niks nie, seker omdat die staatskoffers leeg gesteel is deur korrupsie.

Amanda ·

Nee hulle sal nie…niks daarin om hulle sakke vetter te stop nie. Ou Zuma het mos gese dit is nie sy probleem nie. Die man maak my siek!!!

Lampie Meintjes ·

Wanneer iemand brande Wederegtelik stig moes die daders voorsien dat die gevolg van hulle handling lewens verlies of ernstige beserings tot gevolg kan he. Is dit dan nie so dat klagtes van Moord en Poging tot Moord geopen moes word nie. Hoor graag van Regskenners wat hulle mening daaromtrent is nie.

A. Mac ·

Ek glo nogal die storie van brandstigting. Alles goed en wel as weerlig vir van die brande verantwoordelik is, maar regtig, dink by jouself, was daar werklik so baie swaar donderweer en blitse dat soveel vure kon ontstaan? En met wat vandag in Suid Afrika aangaan is dit gladnie vergesog dat die brande opsetlik gestig is.

Johan Kruger ·

Hierdie is almal DA munisipaliteite….hierdie is polities aangedrewe……en ons almal weet deur wie….

Hubert Gainsford ·

Jy is so, reg! As sekere mense nie kan regeer met stemgetalle nie, moet die hele plek, onregeerbaar gemaak, word! Jy hoef nie n’ bogemiddelde IK te he, om te weet wie agter hierdie, situasie sit, nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.