Polisie ondersoek man se ‘doodsprong’ van snelwegbrug

Argieffoto. Foto: Netcare911

Argieffoto. Foto: Netcare911

ʼn 30-jarige man is dood nadat hy na bewering Woensdagmiddag by die Paradise Valley-brug in Pinetown, KwaZulu-Natal, afgespring het.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die man het glo omstreeks 17:00 sy voertuig op die N3-snelweg in ʼn westelike rigting geparkeer en van die brug af gespring.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, was die man reeds dood toe paramedici op die toneel opgedaag het.

“Soek-en-reddingspersoneel moes spesiale toerusting gebruik om by die man uit te kom en sy liggaam na die padoppervlakte te hys,” het Botha gesê.

Die Pinetown-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek ook die omstandighede rondom die voorval. Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.