Polisie ondersoek mensehandelsaak in Pretoria

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Pretoria ondersoek ʼn saak van mensehandel nadat 22 mense, tussen die ouderdom van 12 maande en 44 jaar, Donderdag by die Irene-afrit in Pretoria gered is.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê verkeersbeamptes van Gauteng was besig met ʼn padblokkade op die R21 toe hulle ʼn bakkie voorgekeer het. “Daar was 15 kinders en sewe volwassenes agterin die bakkie. Nie al die persone in die bakkie het identiteitsdokumente gehad nie en die bestuurder word ook ondervra omdat hy ʼn vervalste paspoort by hom gehad het,” het Kweza verduidelik.

Die man het aan die polisie gesê hy vervoer die groep na Tembisa.

“Die polisie het ʼn mensehandeldossier oopgemaak en die moontlikheid van verdere aanklagte kan nie uitgesluit word nie. Die moontlikheid van die betrokkenheid in ʼn sindikaat word ook ondersoek, aangesien soortgelyke sake reeds in verskeie gebiede voorgekom het,” het Kweza bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees is skokkend!!
En dit hier tussen ons as sogenaamd beskaafd?
Hier sien ons weer die nut van padblokkades. Meer padblokkades maar beweeglik, m.a.w. net so 30-45 min. op een plek en skuif dan weer. Dit sal die selfoonwaarskuwings aansienlik verminder.
Geluk aan die beamptes, julle is op-en-wakker.

Lalla ·

Ek wil net graag weet, jy kan nie jou kind uit die land uitneem sonder al TWEE ouers se toestemming en al die nodige dokumente nie. Hoe op aarde kom meer as 21 mense op een slag ons land binne, sonder ENIGE dokumentasie. Maar nog ‘n goeie storie wat die huidige regering kan vertel, ons het gesorg dat soveel onwettige mense in SA inkom sodat ons aan bewind kan bly. Raai-raai, hopelik gaan julle in 2019 op julle herrie kry en dan kan ons land weer skoongemaak word van almal wat onwettig hier is.

m ·

Hierdie sindikate het hulp by die grensposte en dis hoekom so groot groep so vining in en uit kan beweeg. Toegangsbeheer in hierdie land is natuurlik ook een groot grap….

Anna ·

Sommige sindikate het toegang tot radio-frekwensies en hul kommunikeer ook met wat ons ken as ‘walkie-talkies’. Dis dan maklik om te hoor waar die blokkades gehou word. Die blokkades moenie oor radio’s kommunikeer nie en elke 20 minute verskuif – eers dan sal daar ‘n goeie effek wees. Span die EFF in om te help met die bekamping van kinderhandeling asook ons nalatenskap te help beskerm. Ons moet ophou kerm oor ras en eerder kyk na sake wat dringend aandag nodig het om die korrupte, misdadige elemente uit te roei uit ons pragtige land uit. Ek glo God sal daardie dag opregte mense se stemme ‘hoor’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.