Polisie ondersoek minister se ‘renoster-bande’

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

Die presidensie het Donderdag bevestig die polisie ondersoek bewerings dat David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, bande met ʼn renosterstropingsindikaat het.

Jeff Radebe, die minister in die presidensie, het gesê die kabinet het kennis geneem van die Al Jazeera-dokumentêr, waarin bewerings bemaak word oor Mahlobo se verhouding met ʼn selferkende renostershoringsmokkelaar en kan bevestig die SAPD ondersoek die bewerings.

Die dokumentêr, waarin Guan Jiang Guang, ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar, aan ʼn joernalis sê hy is goeie vriende met Mahlobo, dat Mahlobo gereeld sy masseersalon in Mbombela in Mpumalanga besoek en dat hy al by hom aan huis gekuier het, is verlede week uitgesaai.

Mahlobo het Woensdag tydens ʼn vraag-en-antwoord sessie in die nasionale vergadering gesê hy sal nie bedank terwyl ʼn ondersoek na die bewerings gedoen word nie. “Met alle respek, ek gaan nie bedank nie. Ek is nêrens skuldig bevind nie,” het Mahlobo aan LP’s gesê.

Mahlobo het volgehou die bewerings is onwaar. Hy het gesê hy het wel Guan se spa besoek, maar beweer hy het nie geweet wie Guan is nie. “Ek is nie bo die wet verhewe nie. Ek sal myself vir ʼn ondersoek beskikbaar stel, sodat ʼn poging om my naam te skend, nie sal slaag nie. Julle weet ek glo leuens het kort beentjies,” het hy gesê.

Molapi Plouamma, ʼn LP van Agang SA, het aan Mahlobo gesê: “Ek kan nie help om, wanneer ek na jou kyk, in my geestesoog te sien hoe ʼn renoster doodgemaak word terwyl jy die sindikate omhels nie.”

Lees alle vorige berigte oor David Mahlobo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tambotie ·

Hoe vrot en korup is die mense . Tronk toe met so n misdadiger . Net soos Zuma behoort hulle lank agter tralies te wees .

humor ·

En die Chinese met wie z so hand om die lyf is.?? Dit maak hom ook aan donker aktiwiteite skuldig. Mag die hele nes oop gekrap word.

Ig ·

Die Bybel praat nie verniet oor die wyse manne uit die ooste nie.Die Chinese speel die regerings amptenaare soos n kitaar deur hulle sag te maak met presente,duur whiskey,omkopery ens.En natuurlik ook hulle liefde vir bling en blink karre.Dit is hoekom die Guptas so maklik die regering geinfiltreer het.

cor ·

Ek glo nie daar sal iets van die ondersoek kom nie, behalwe as ‘n onafhanklike ondersoeker wat nie ‘n bang haar op sy hoof het nie dit doen. Wat het geword van die ondersoek na sy blou lig brigade wat verlede jaar ‘n ongeluk met ernstige nagevolge veroorsaak het, het dit ook ‘n stille dood gesterf.

Alida ·

Daar sal weereens NIKS van kom nie. JZ se chinese vriende moet padvat na hulle eie land toe. In teendeel alle buitelanders wat nie hier werk nie moet terug waar hulle vandaan kom Zimbabwe ,Mosambiek of Malawi waar ookal. Hulle kom steel ons mense se werk en dan word moorde deur ons mense gepleeg om kos in die hande te kry. In ander lande mag jy nie net in die strate ronddwaal en doen wat jy wil nie. As jy nie werk het en/of wettige verblyfreg het nie moet jy waai.

foxi ·

Ag David………..jy blah blah blah net! Kry jou ry man…….jy mors net my belastinggeld!

GES ·

Dit is so duidelik soos daglig dat die man baie kreatief met die waarheid omgaan. Sy geheue laat hom ook in die steek want sy oggend- en aandpraatjies kom ook nie ooreen nie. Wat sê dit? Hy is totaal onbevoeg en onbetroubaar vir die pos wat hy beklee. Kortweg gestel, hy is ‘n risiko en ‘n verleentheid vir Suid-Afrika.

Piet ·

Daai bestemming viagra uit china was bedoel vir die spa vir die hoogeplaste gaste stuur almal tronk toe hulle is almal vrot van korrupsie goeie leermeester gehad in die vorm van No1

Cynthia TREDOUX ·

Hoe verskriklik is hierdie berig nie….om hand op die blaas te staan met n CHINESE masseuse…en dan sulk uitlatings te maak…ag nee sies …hierdie man hoort nie in die parlement!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.