Polisie ondersoek nou ‘roekelose’ trokdrywer  

’n Skermskoot van die vragmotor wat Saterdag op video vasgevang is waar dit ander voertuie oor sperstrepe en om gevaarlike draaie verbysteek.

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek nou ʼn klag van roekelose en nalatige bestuur teen die bestuurder van die vragmotor wat ander voertuie oor sperstrepe en om gevaarlike draaie verbygesteek het.

Dít volg nadat ’n motoris wie se voertuig deur dié vragmotor getref is ’n klag by die polisie ingedien het. Beeldmateriaal wat wys hoe die vragmotor ander motors verbysteek, is op sosiale media versprei.

Eric Masilela, direkteur van Ni-Da Transport in Newcastle aan wie die vragmotor behoort, het vroeër aan Maroela Media gesê dat die voorval op N11 in Mpumalanga plaasgevind het. Die vragmotor het ook ʼn Mpumalanga-registrasienommer. Daar is egter intussen bevestig dat die voorval op die R34 in KwaZulu-Natal gebeur het. Die vragmotorbestuurder is glo in Charlestown in hegtenis geneem en gevolglik aangekla.

“’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word tans deur die polisie in Charlestown ondersoek. Die klaer beweer dat hy op 14 Mei teen ongeveer 09:30 op die Majuba-pas gery het toe ’n vragmotor sy voertuig gestamp het. Geen beserings is aangemeld nie. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, Woensdag aan Maroela Media gesê.

Gwala het nie bevestig of die vragmotorbestuurder steeds in aanhouding is of wanneer hy in die hof sal verskyn nie.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het die voorval ten sterkste veroordeel en versoek dat die bestuurder se bestuurslisensie ingetrek word.

“Hy het baie mense se lewens in gevaar gestel met die manier waarop hy bestuur het. Sulke bestuurders mag nie langer op paaie toegelaat word nie en verdien nie om ʼn bestuurslisensie te hê nie.”

Shongwe sê voorts dat vragmotoreienaars bestuurders deeglik moet evalueer en ʼn sin van verantwoordbaarheid by hulle tuisbring om te verseker dat hulle altyd gehoor gee aan padreëls.

Die departement sê hy sal met die eienaar van die vragmotor in verbinding tree om te verseker dat sulke voorvalle nie weer gebeur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

KatjieDeKat ·

Goed so! Wat de duiwel het daardie bestuurder gedink, om so te ry?? Hy kon sterftes veroorsaak het.

RS ·

Goed so! …maar ai, nou gaan al die drywers onder een kam geskeur word. Nie alle drywers ry so nie. Daar is uitstekkende drywers wat jare lank hul lewens gee op SA paaie wat werklik goeie dryers is. Hierdie is een vrot appel.

Mercedes0 ·

Dit is nie net 1 vrotappel nie, jy moet sien hoe ry die trokdrywers hier in in Zoeleland, geen respek vir ander motoriste nie. Ek sien dit elke dag, 10 keer ‘n dag!

Sandra ·

Joh, sommer die ander kar op ‘n dubbele soliede streep verbygesteek. Nee die mannetjie moet in die bek geruk word.

Maritha ·

Ai tog. Die berig is deurmekaar. Dit het op di N11 gebeur in die Amajuba pas

Waarnemer ·

10 teen 1 is hy nog n Zim burger ook en word hy net gewaarsku om goeie buurmanskap te behou…..

Wielspore ·

Hierdie is die uiterste van gevaarlike padgebruik, dat daar nie ‘n ongeluk was, is ‘n wonderwerk, goeie werk deur die persone wat dit afgeneem het. Ons ry self die pad van tyd tot tyd en die N11 is besaai met van hierdie NiDa trokke, arme Volksrust kan nie die volume swaar voertuie dra.
Hoop die bestuurder van die trok kry ‘n straf wat hom verbied om ooit weer ‘n voertuig op ‘n openbare pad te mag bestuur.

MAGRIETHA ·

Da baie motoriste en taxis wat presies diselfde doen wat ander se lewens in gevaar stel

Maritha ·

Wonder in elkgeval wie di vent aangestel het by NiDa. Ek sou dink dat vragmotor bestuurders behoorlik getoets moet word. Dis in elk geval ni di enigste NiDa trok bestuurder wat soos ń vark bestuur nie. Hulle jaag hier in Newcastle oor rooi robotte. Mens moet maar baie mooi kyk. Ek dink die hele klomp moet ondersoek word

Roek ·

‘n Robot is helemal iets anders as ‘n verkeerslig, ek glo nie daar is enige vervoer maatskapye wat mens aanstel sonder om hul te toets nie, wat hul op die pad aanvang is ‘n hele ander storie., die feit dat die ou so ry hy vir my ‘n blatante moordenaar!!

Andre ·

Hulle dink mos n extra swaar voertuig is mos n ligte voertuig en kan ry soos hulle lekker kry,mnr die direkteur hoe toets jy jou vragmoter bestuurders voordat hulle in diens geneem word?

FC ·

Mnr LUR, kan ons ook beeld materiaal van die roekelose taxi`s ook op face book sit, dit gaan die polisie jare besig hou?

Moedeloos ·

Presies – ek het ook gewonder. Hier is baie taxi bestuurders wat geen lisensies het nie

Shakespeare ·

Hierdie man is Minister kaliber. VIVA ANC/EFF. Magtig maar ons land het nog nooit sulke onbevoegde idiote gehad wat ons land “bestuur” nie.

Roek ·

Aag hoe verlang ek na my dae , hierdie sulke bestuurders was my kos, ek het hul op strepe toegesluit in Grootvlei -Pad tussen Heideberg en Viliers toe dit nog ‘n enkel pad was.

Die Here se hand was darem oor almal, daar sou beslis mense gesterf en nog ander erg vermink gewees het.

Sy verskoning na so trgedie is,, “my brakes failed” indien daar nie oog getuienise is nie .

Dankie vir die persoon wat die opname gemaak het, hoop almal sien dit en besef dat alhoewel jy probeer veilig ry is daar tien sulke moordenaars saam en om jou op die pad!!

marius ·

Daar is duisende wat daagliks soos besetenes bestuur en geen gevolge dra nie , want daar is geen wetstoepassing nie .

Yvonne ·

Eintlik is die drywer n potensiale moordenaar deur sy handelswyse

Nettie ·

Hy behoort nie agter enige voertuig se stuurwiel nie. Hy is n gevaar vir die pad stel onskuldige mense se lewens in gevaar. Wat besiel die persoon om sulke kanse te vat. Neem sy lisensie weg hy moet sommer paar maande tronkstraf kry en dink wat hy gedoen het tewyl hy na die video opname kyk.

Swerwer ·

Eric Masilela, direkteur van Ni-Da Transport in Newcastle het nie beheer oor sy vloot nie? Nèè hier is beslis ‘n slang in die gras.

Louise ·

Sulke drywers se lisensies moet dadedelik opgeskort word. Al hoe hulle n les gaan leer, n boete gaan niks help nie. Dit kon soveel onskuldige mense se lewens gekos het.

Gideon ·

Maak van hom n voorbeeld. Vat weg sy lisensie sodat hy nooit weer op ons paaie mag ry nie. Daardie soort van bestuur sien ek elke dag tussen Middelburg en Port Elizabeth tussen die mangaan trokke. Hulle gee niks om nie

Gert ·

Ek was self in ‘n ongeluk betrokke en die kar het gerol met myself my vrou en seun in die kar na so padvark op ‘n draai verbygesteek het en my kar op die regterkant getref het. Ht het net anhou ry asof niks gebeur het nie

Erica ·

Dit is hopeloos verregaande. Sy bestuurderslisensie moet permanent ingetrek word. kan dit wragtig nog steeds nie glo nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.