Polisie ondersoek premier se bloulig-ongeluk

Argieffoto

Die Mpumalanga-polisie het bevestig ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn voetganger Donderdagoggend deur die konvooi van die provinsie se premier, David Mabuza, doodgery is.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn polisiebeampte verbonde aan Mbombela (Nelspruit) se beskerming-en-veiligheidsdienste was in dié ongeluk betrokke.

Maroela Media het vroeër berig een van die konvooivoertuie het die man op die N4-snelweg by Croc Valley in die rigting van Karino in Mbombela (Nelspruit) getref toe hy die pad wou oorsteek.

“Die polisie het ʼn saak van strafbare manslag aanhangig gemaak en ondersoek die omstandighede rondom die ongeluk,” het Hlathi gesê.

Volgens Zibonele Mncwango, Mabuza se woordvoerder, was Mabuza op pad na die lughawe om ʼn vlug te haal om ʼn gedenkdiens by te woon van die 20 mense, onder wie 18 skoolkinders, wat twee weke gelede op die R25 buite Bronkhorstspruit in ʼn ongeluk dood is.

Mabuza het sy meegevoel met die oorledene se familie betuig. Hy sal binnekort ʼn besoek aan die man se familie bring om sy meegevoel oor te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Gaan seker weer n All.in the line of duty wees? Steeds op my vrae lys is: oppad lughawe toe? Om Bronkhorst toe te vlieg???? En in ag genome.wat die munder agbare Mabuza veroorsaak wanneer hy medelye betoin…moet asb nie WEER ry nie!!!! Maar noy ja….soveelste geval van magsvergrype van die BLOU LIG BRIGADE..s!

cor ·

Die beskermings voertuig het seker weer aan die verkeerde kant van die pad gery soos hulle gereeld doen, ek sien dit gereeld op die hoofwee. Daar gaan niks gebeur nie wat het van die minister van staatsveiligheid se saak geword waar sy bestuurder ook aan die verkeerde kant gery het en n kop aan kop botsing veroorsaak het? Mens hoor net nooit weer daarvan nie.

Johann ·

Geen aanklagte sal in enige hof water dra nie, ‘n voetganger mag volgens wet nie op ‘n snelweg wees nie. Die Minister van staatsveiligheid kan dit bevestig, geen voetganger, dier, of enige nie selfaangedrewe voertuig mag ter enige tyd op ‘n snelweg of gedeelte daarvan beweeg of stilstaan nie

Adriaan ·

Die N4 daar is nie n snelweg nie. Dit is n wel n Nasionale roete waar mense wettig oor die pad mag beweeg.

Sonja ·

Thomas Ferreira jumps to mind en hier gebeur iets soortgelyks weer. Lewens vir ewig verander en verwoes, families se lewens vir altyd verander en soos nou sommer net n lewe weg en niks kom daarvan. Hulle skuil agter hul ampe en beroepe….mag kamma jaag nes hul wil ten koste van ander se lewe.

Lee ·

Ek het op Lowvelder se blad gelees, die arme man was 71 jaar oud en een van sy taxi’s het gebreek wat hy wou gaan regmaak. Ek kon net dink hoe die idioot van die bloulig brigade gery het. Hulle is verdomp altyd laat vir afsprake dan moet hulle jaag. Mabuza moes dalk vroeer gery het dan het dit nie gebeur nie. In die ou bedeling was daar nie iets soos “blue light brigade” nie want hulle het afsprake reg gereel. Ons regering moet bykom. Hulle is nie “above the law” nie. Sterkte aan die familie van die arme man.

KOOS ·

N4 IS N NASIONALE ROETE EN ALLE REELS VAN N NASIONALE ROETE GELD.
EK KEN TWEE PERSONE WAT OP DIE N4 VOETGANGERS DOOD GERY HET EN HULLE WAS VRYGESPREEK OOR DIE REDE DIT N NASIONALE ROETE IS.

Adriaan ·

Mooi Koos. Daar is winkels , padstalle huise ens aangrensend aan die pad by die plek waar die ongeluk plaasgevind het. Jy is darem seker bewus dat die N4 van Pretoria tot by Komatipoort loop.

thelsa ·

Die arme Premier kan mos nie met die kar ry nie. Waar die ongeluk gebeur het was aan die Weste-kant van Mbombela. Die lughawe is 30 km verder na die Ooste. Dan moes die Premier nog na Jhb Int lughawe vlieg om weer ‘n motor te haal om na die begrafnisdiens te gaan. Dis astronomiese koste net om verniet te kan vlieg, eet en ry. Die kripvreters word net vetter.

CHRISTA ·

Koos, wat moet ek maak as ‘n motorband skade optel en ek moet dit omruil? Ek kan nie binne my motor sit en dit doen nie!! Dit maak my ook nie ‘n voetganger nie!!!

Johann ·

Ja ou moet nou ‘n noodtoestand van ‘n pap wiel vergelyk met ‘n voetganger wie oortree, ek is nie partydig nie, maar wat reg is, is reg

Danie Rossouw ·

Wees bly dit was nie ‘n boer in sy bakkie wat hom getrap het nie want dan was Nelsruit ‘n 2de Coligny.

vermeende ·

Nou hoekom word hulle nie gearresteer vir hoord en vir hulle eie veiligheid ook in aanhouding gehou nie.

Ek is n oogetuie wat gesien het hoe daai swart kare heen en weer oor die voetganger ry, hulle het selfs van die pad af gery om hom daar amper in die veld te gaan vermoor.

Kan ons Soweto nou maar soos gebruiklik gaan afbrand omdat die SAPD nog niemand in hegtenis geneem het nie?

Gus.Dry ·

Indien iemand aangekla sou word gaan die dokumente in elk geval verdwyn.en dis waar dit sal eindig.

Ben Potgieter ·

Sien die bloulig mense gereeld jaag as ek vanaf Badplaas na Nelspruit reis.Glo nie hulle het oorlosies nie.Blykbaar altyd laat.Weereens was dit ‘n ander persoon was hy verseker toegesluit.Dit komvoor padmoorde op die publiek word goedgekeur,het iemand al ooit gesien dat ‘n taxi baas se huis afgebrand word na ‘n taxi ongeluk wat daagliks tientalle mense se lewens eis in onnodige ongelukke.

SARIE VAN HEERDEN ·

Christa, as jou motorwiel buite werking raak en jy moet dit vervang is daar die geel sperstrepe langs die hoofpad waar jy mag stilhou om dit te doen. Vandag het meeste van ons selfone en oral langs die paaie is openbare telefone wat gebruik kan word om hulp aan te vra. ” Crisis on Call” het ‘n spesiale afdeling waarvandaan jy hulp dmv jou selfoon kan verkry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.