Polisie ondersoek pres. Jacob Zuma vir korrupsie

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die aanklagte van korrupsie wat by verskeie polisiestasies teen president Jacob Zuma ingedien is, is gesentraliseer en word nasionaal ondersoek, het die polisie Maandag bevestig.

“Die aanklagte is by verskeie polisiekantore deur lede van opposisiepartye gelê. Dit is by die nasionale kantoor gesentraliseer,” het lt.genl. Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

Makgale wou nie uitwei oor die besonderhede rakende die ondersoek nie, maar het gesuggereer dat Zuma nog nie formeel aangekla is nie. “Die politieke partye is na die aanklagkantoor en het ons versoek om korrupsie te ondersoek. Hulle het die Openbare Beskermer se verslag ingedien.”

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het in Maart vanjaar verskeie aanklagte teen Zuma aanhangig gemaak in verband met die opgraderings aan sy private woning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Nathi Nhleko, minister van polisie, het Vrydag in antwoord op ʼn parlementêre vraag deur Maimane, bevestig dat ʼn ondersoek van stapel gestuur is. “Die ondersoek in hierdie verband is begin en geen verdere inligting kan in hierdie stadium bekend gemaak word nie, aangesien die saak nog sub judice is,” het Nhleko gesê.

Maimane het gevra of die saak ondersoek word, wie die ondersoekbeamptes is en of daar ʼn tydlyn aan die ondersoek gekoppel is. Nhleko wou geen verdere besonderhede bekend maak nie.

Maimane het die aanklagte teen Zuma aanhangig gemaak kort nadat Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, haar verslag oor die opgraderings aan Zuma se Nkandla-woning bekend gestel het.

Madonsela het in haar verslag bevind dat Zuma “onbehoorlik gebaat” het by die R246 miljoen se opgraderings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jjobson ·

Nou ry die duiwel letterlik en figuurlik vir Zumpie,sy opgradering syfers is hoog.Die tyd is nou om Zumpie te ontslaan / ontman. Die Zumpie bedrog / skande het geen perke nie.

Johan Smit ·

Dis ‘n klug! Daar sal niks van kom nie. Al die ondersoeke teen hom in die verlede het doodgeloop. Hulle word anders hanteer as die man in die straat. Dit voel kompleet of daar twee regstelsels in SA is. Een vir die ANC en ‘n ander vir die gepeupel. Hoe kan mens vir so ‘n siel soos die Zuma knaap respek hê? Sy gesig laat my vuur sien en sy stem maak my naar.

Dalene Lamprecht ·

Nou hoe kan die SAPD die saak suksesvol ondersoek as Zuma die hoof van SAPD self aangestel het? Dink hulle ons is onnosel? Daar sal niks van hierdie saak kom nie. Die parlementêre ad-hoc komitee wat die Nkandla skandaal moet ondersoek, bestaan ook net uit ANC-lede.. Hoe gerieflik… Lyk my Zuma kan kies wie die ondersoeke doen… Praat van dooie breinselle..

jjobson ·

Daleen jy sit die deksel op die pot – bokant prez se kop is die stortkop,maw dubbele stortkop kop Zumpie. Die man het mag en krag.

KhoisanY ·

Ja nee, kla hom aan. Ons grondwend se almal is gelyk voor die reg, maar dit lyk my sekere mense is meer gelyk as ander mense. Innocent until proven guilty by a court of law, but dont dodge the court with your manoeuvres.

peter jacobs ·

dis ,n jammerte- daar sal niks van kom, maar die mak adder MOET NET EENVOUDIG AAN DIE KAAK GESTEL WORD -.KAN NET NIE MEER ,n trotse suid afrikaner wees om so heeldag aan die neus gelei te word nie .

Andries ·

Wonder wat diink die wereld daarbuite van Suid Afrika se staats President.

se maar net ·

Die wereld dink niks van Jacod Zuma nie, want hy is niks.Hy is NET KORRUP dis al.Hy moet van sy amp onthef word en tronk toe gaan vir al sy korrupte dade.OBS LAND VERDIEN BETER

scalla ·

Een korrupte word deur n ander korrupte ondersoek, skrikwekkend!!!

Leo ·

Dit is hoof tyd
Hoekom het dit so lank geneem?
Sterkte vir Polisie

Herman ·

Ek stem. Daar sal niks van kom nie, want al sy vriende ondersoek die saak. Hulle word betaal om hom uit die tronk te hou. So, niks sal gebeur nie. Hy sal net nog meer en meer geld steel. Miskien het hy so opgegroei, weet nie. Maar die binnekant van ‘n tronk sal hy nooit sien nie. Wat ‘n skande. Ek voel te skaam om te se ek woon in SA met ‘n korrupte regering. Die wereld lag vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.