Polisie ondersoek samekoms buite Mlangeni-huis

Die polisie gaan ondersoek instel na die beweerde oortreding van die afsonderingsregulasies deur roubeklaers wat by die huis van die ANC-struggleheld Andrew Mlangeni byeengekom het. Mlangeni is op 21 Julie in die ouderdom van 95 dood.

Mlangeni se liggaam het Dinsdag by sy huis in Soweto aangekom waarna daar Woensdag ʼn kategorie 1-staatsbegrafnis vir hom op die Soweto-kampus van die Universiteit van Johannesburg gehou is. Hy is daarna in die Roodeplaat-begraafplaas ter ruste gelê.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het talle lede van die publiek versoek dat die roubeklaers wat buite Mlangeni se huis byeengekom het, in hegtenis geneem moet word vir die oortreding van die afsonderingsregulasies.

Foto’s wat van die byeenkoms versprei word, wys ʼn groot groep mense buite die huis wat nie sosiale distansiëring toepas nie. Dit blyk ook dat veel meer as 50 mense byeengekom het, wat strydig is met die regulasies rondom begrafnisse.

“Die regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur maak voorsiening daarvoor dat skares wat onwettig bymekaarkom uiteengejaag kan word en dat ʼn persoon of persone wat onwettige byeenkomste hou of reël aanspreeklik gehou kan word.”

Volgens Naidoo word daar dus ʼn saak rakende die oortreding van regulasies ondersoek. “Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die saak na die direktoraat vir openbare vervolging verwys word om te besluit oor moontlike vervolging.”

Foto’s van Dinsdag se byeenkoms het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Mense het heftig daarop gereageer en gesê dat hulle nie die geleentheid gekry het om hul geliefdes op dié manier te groet nie.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, is duidelik sigbaar in een van die foto’s. Pule Mabe, nasionale ANC-woordvoerder, het Woensdagmiddag in ʼn onderhoud met eNCA bevestig van die lede van die party se nasionale uitvoerende komitee het die verrigtinge by die huis bygewoon. Hy het egter gesê mense het “spontaan” in hul getalle opgedaag.

“Die ANC is nie verantwoordelik om mense te beheer waar hulle woon nie. Die ANC het uitdagings opgemerk, dit beteken dat ons vorentoe moet sê wat die lesse is.”

Intussen is drie lede van die land se veiligheidsmagte Woensdag op kamera vasgevang waar hulle staan en rook tydens die regstreekse uitsending van Mlangeni se begrafnis. ʼn Skermskoot hiervan is ook wyd op sosiale media versprei met mense wat wil weet of die afsonderingsregulasies net vir sommige Suid-Afrikaners geld.

ʼn Tabakverbod geld reeds sedert einde Maart vanjaar toe ʼn nasionale ramptoestand en landwye afsonderingstydperk aangekondig is in die stryd teen die Covid-19-pandemie. Bheki Cele, minister van polisie, is al herhaaldelik aangehaal dat hy gesê het dat indien mense gevang word waar hulle in die openbaar rook hulle ʼn strokie gaan moet wys om te bevestig dat die sigarette wettig voor die afsonderingstydperk gekoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Renee ·

Ai waar was Mnr Cele nou met sy ingehtenisnemimg hy kon die voorblad gehaal het met die hoeveelhede inhegtenisname wat hy kon gedoen het.

Pieter ·

Ag asb ons is al so moeg vir julle stories bly eerder stil.

Alleen Wolf ·

ANC is onaantasbaar, wat my verstand te bowe gaan is dat ons ou volkie so gedwee die verdrukking aanvaar

Fedup ·

Just goes to show who the real ” citizens” in this country are.
If we were all mushrooms, we could smoke, drink, party and visit family.
But unfortunately, we were not in the same baking tray when the lockdown was enforced by this circus.

Pandora ·

And old Simba chippie advert comes to mind: “I wanna be a Simba Chippie”….and the little potato who fell of the wagon: ‘Oh no, I wanted to be a Simba chippie too.”

Pietertjie ·

Some people are more equal than others – George Orwell

Pieter ·

Natuurlik as daar 2 stelle reëls, een vir opgevoede belastingbetalers wat die land probeer opbou en al die luies aan die lewe hou, en die ander vir ….

Mossel ·

Hulle verkrag die publiek se mense regte, ons word voor die voet soms onregmatig in hegtenis geneem!! Hoekom word hul sake “ondersoek” en verwys ?? Dit gaan net weer doodloop soos met als van die korupte,rasistiese komunistiese Anc. !!! #Briesend !!!

Pieter ·

Die afsonderingsreëls en regulasies is slegs daarop gerig om ‘n sekere bevolkingsgroep te benadeel. Ekonomiese en geestelike oorlogvoering. Tyd om jou gang te gaan, met die risikos verreken. Baie van hierdie reëls en regulasies is so teenstrydig en wys dat dit ‘n klug is met ‘n verskuilde agenda.

Kobus ·

Lyk na meer as 500 mense daar-sou seker meer gewees het, maar die ander 2 Taxi’s het gebreek.

Wondermaarnet ·

En wat van die kaders wat staan en rook het in die agtergrond? Waar kry hulle sigarette????? Wat het geword van sosiale afstand? Kan werklikwaar nie skat nie.

Adam Adriaan ·

Siek,!siek!siek! is die regering van die land. Hulle is nie eers werd om as regering geklassifiseer te word nie. Boendoe samekoms van marksiste. Net die dromme kort nog. Die dromslaner is reeds beskikbaar. By name NGZ

Rentia ·

Dis mos nie nuus of nuut nie? Ons weet al jare reëls geld net vir sekere mense… Keer dit om en die persoon / persone was lankal gearresteer en toegesluit as “harde boodskap” dat “sulke gedrag nie geduld sal word nie”…

Isabella ·

Dt is so erg hoe hul maak nt soos hul wil dis chaos in ons land hier is geen meer TROTS in ons land nooit gedink ek sal di dag sien dat SA in so n toestand sal wees

Kattebol ·

Watse ondersoek!!!??? Die bewyse is in beeld vir die hele wêreld om te sien!!!!! Hulle moet my vervolg vir verbreking van afsonder i regulasies….. Mense, ek verwoes als in enige plek waarheen hulle my neem.

Pierreli ·

Hulle is almal dieselfde, sukkel om te tel van 50 af opwaarts!

Kobus ·

Wat n grap. Ondersoek gaan niks oplewer nie behalwe klomp halfgebakte redes/verskonings. Me Mandela se begrafnis waar alle inperkingreëls verontagsaam is het n nuwe standaard gestel. Indien dit Indiër,Bruin of blanke begrafnis was sou SAPD verseker mense gearesteer het.

Johann ·

Onaantasbaar. Wette is nie van toepassing op “the people” nie. Dis die nuwe verskoning….die mense se “spontaniteit”? GATVOL RAMAPOSA vir jou ej jou anargiste wat ons soos diere behandel en ons voorskryf en reguleer, terwyl jy en jou “people” hiet en gebied en mags vergrype met n smile pleeg.

Die Wolf ·

Net so min as die man op die Maan, sal die ondersoek resultate oplewer.

Andre ·

Ek kan nie verstaan dat fotos en videos eers moet ondersoek word nie. Met ‘n spoedkamera waar jy niks kan naspeur nie, word dit na selfs ‘n maand as voldoende getuienis aanvaar vir ‘n skuldigbevinding.

Genis ·

Die Polisie het KFC genuttig en gemonitor van n distansie af… Dubbel standaarde, daar is reels vir die ANC, en dan ander landsburgers…

piper ·

wat van al die toue en toue mense by binnelandse sake en poskantore. dis regerings instansies en elke dag word die 50 mense reel oortree. weereens wys dit die onbevoegdheid van die anc regering

Scalla ·

Dubbele standaarde, hulle eie wetgewing bars in hul gesigte, verweer gaan seker wees dat hul nie kan tel nie, vica anc

koos10 ·

“Die ANC is nie verantwoordelik om mense te beheer waar hulle woon nie.”
Die ANC is mos die regering, nie waar nie?
Dan beteken dit dat ek my nie hoef te onderwerp aan enige afsonderings regulasies nie. Ek mag mense oornooi om te kom braai en ek hoef nie meer na 21:00 tuis te bly nie.
Dankie Pule Mabe, jy het nou alles mooi duidelik gemaak.

Misky ·

So ek kan nou n lekker party by my huis hou en as die polisie daar opdaag, sê ek net hulle het hulself oorgenooi en ek kan nie verantwoordelik gehou word nie……. simpel fools!!!

Heinrich ·

“Die ANC is nie verantwoordelik om mense te beheer waar hulle woon nie.” – Sê dit vir Collins Xhosa se familie, van wie af kom die afsonderingsreels?
“Die ANC het uitdagings opgemerk, dit beteken dat ons vorentoe moet sê wat die lesse is.” is seker een die grootste klomp twak wat ek nog gehoor het. Die NDZ stel die reels namens die anc and polisie jaag deesdae meer mense wat sigarette en drank vervoer as sundikate, kapers, moordenaars en verkragters. Heeltemal te openlik selektief!

sopbeen ·

Hulle kan nou niks daaraan doen nie. Los hulle en laat wat moet gebeur gebeur

Lorna ·

Seker geweet hy is nie dood aan Corona nie so hul was nie bang hul kan aangesteek word nie
Hahahaha

Jacobus ·

Die dubbele standaarde raak nou belaglik. Die gebrek aan optrede is ‘n misdaad in eie reg, arrestasies????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.