Polisie ondersoek skietdood van vier mans

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie in Nyanga ondersoek die dood van vier mans nadat daar op hulle geskiet is terwyl hulle voor ʼn huis in Crossroads, Kaapstad, gesit het.

Vyf mans, almal in hul vroeë 30’s, het Sondag laatmiddag voor die huis in Noxolastraat gesit. Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het ʼn wit VW-voertuig voor die huis stilgehou.

“Die drie insittendes van die voertuig het op die mans losgebrand voor hulle op die vlug geslaan het.”

Een van die mans is op die toneel dood verklaar en die ander vier mans is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Drie van die mans het later aan hul beserings beswyk. Die ander man word steeds in die hospitaal behandel.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om speursers. Mlonyeni by 083 719 3621 of kapt. Pakaman by 082 469 2470 in te lig. Stop Misdaad kan ook genader word by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.