Polisie ondersoek steeds skokvideo van hond

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek steeds die voorval waar ʼn polisievangwa oor ʼn hond in Elsiesrivier in Kaapstad gery het.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval is wyd op sosiale media versprei. Dit wys hoe die polisievoertuig doodluiters oor die hond ry. Dit wil voorkom of die hond in die pad gelê en slaap het. Dit lyk ook of die hond ná die voorval probeer opstaan het.

Brig. Sandile Sonjani, bevelvoerder van die Elsiesrivier-polisiestasie, het aan News24 gesê die polisiebeampte wat glo betrokke was, is geïdentifiseer en ʼn tugverhoor sal gehou word. Maroela Media het met Sonjani probeer kontak maak, maar sonder welslae.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het wel gesê die omstandighede rakende die voorval word steeds ondersoek. “Dit word strafregtelik en departementeel ondersoek en niemand is al aangekla in verband met die voorval nie.” Traut wou geen verdere besonderhede bekend maak nie.

Die Bond teen Wreedheid teenoor Diere (AACL) het intussen gesê hy gaan voort met strafregtelike klagte teen die mens(e) wat by die “afskuwelike daad” betrokke was. Volgens die organisasie werk hy ook nou saam met die DBV van die Kaap van Goeie Hoop om die saak stukrag te gee.

“Ons inspekteurs werk saam met die polisie en alle nodige stappe sal gevolg word. Die hond in die video moes ongelukkig van kant gemaak word. Hy het verskeie bekkenfrakture opgedoen wat onherstelbaar was,” het die organisasie gesê.

“Die AACL neem met afgryse kennis van alle dade van wreedheid, maak nie saak wie dit is nie. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat daar op die korrekte wyse met die oortreder(s) omgegaan word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Lollie ·

Gewetenloos en gevoelloos! Dit is nou die mense wat almal moet beskerm! Maak van hulle goeie voorbeelde en laat hulle by die DBV gaan werk. Dit is natuurlik net deel van hulle straf, hulle moet ń ordentlike straf by dit kry!!!!

Han ·

Wat gaan aan met die mensdom? Menslikheid en beskaafdheid is vir vele by die agterdeur uit!

Anita Schoeman ·

Die uniform wets toepasser is en voel hul is die wet en het die mag om te maak en breek soos hul wil.

USELESS ·

JA O HEL hulle is te SLEG om die ouens op te spoor, jy sal vir hulle die registrasie nommer bring, die DOOIE hond die VIDEO en die ou wat dit gedoen het en STEEDS sal hulle nie genoeg BEWYSE he om die man aan te kla nie, en nog beweer omdat die hond probeer opstaan het NA die slag hy heel OK was .. so hulle het hom nie doodgery nie . LOS DIT MAAR NET . die dier is in elk geval dood en julle voel niks vir MOORDE in SA op mense nie wat nog te se op DIER . los dit maar liewer net, julle stel nie genoeg belang nie. DAAR SAL NIKS VAN KOM NIE !!

Jelly ·

Dis is presies oor HIERDIE OPTREDE dat ek nie’ n oog knip as daar ‘n berig oor ‘n POLISIEMAN is wat sy gaai gesien het nie . GEEN SIMPATIE vir polisiemanne nie!! Hulle ry opsetlik honde dood (wat nie in ‘n perfekte wereld dalk ‘n eienaar het nie), hulle daag nie op by plaasaanvalle nie, vervolg nie moordenaars nie .. so hulle moet maar vir hulle kry !!

Yollie ·

Ek voel baie jammer vir die hondjie, maar ek voel dit is ook die eienaar se verantwoordelikhied om te sorg dat hy veilig in sy erf was. As mens diere wil hê moet jy ongelukkig ook die verantwoordelikheid daarvoor vat.

NAAMLOOS ·

Ken jy rondloperhonde? Hulle het nie ‘n eienaar nie!! Beteken dit dat jy hulle mag doodry??

Emma ·

Mense gee nie eers om vir mekaar nie, wat nog te se vir die arme diere. Skokkend wil nie sulke goed sien nie.

Sue ·

MM, asb mag mens vra vir n “sagter woord” as “van kant maak”. Dit voel so kras.? My diertjies is my lewe, hulle sterf ook soos familie en ek veras my dierekinders (ek het een Doll verloor weens die Parvovirus) en weet jy, dit was en is nou nog bitter seer. Van kant maak klink soos “ontslae raak of weg maak” daar moet iewers n sagter woord beskikbaar wees.⚘?⚘

JJ ·

Van kant maak is die regte woord in Afrikaans, net soos wat mense doodgaan en diere vrek. Jammer, maar jou honde is nie kinders nie, nie eens naby nie.

Sue ·

JJ wat ook al jou pas is jou saak, ek het nie met jou gepraat nie tensy jy nou n identiteidskrisis beleef.

Daan Erasmus ·

DIE HOND WAS IN DIE PAD. Waar die hond nie gehoort het nie. Moet die SAPD lid nou heeltyd in die pad staar, of moet hy om hom kyk. Dit is beslis nie die eerste hond wat doodgery is nie.
Groete van huis tot huis.

Marianne ·

DIE SAPS LEDE MOOR EN ROOF EN SKIET BEMAAR DOOD! WAT IS ‘n HOND DAN WERD???
JUNIORS LEER BY SERIORS EN HULLE VOL DIE POLITISIE SE VOORBEELD – MAAK SOOS JY WIL.

Piet ·

Waar kan mens die video sien? Het die persoon dan aspris die hond getrap? Dalk het hy gedink dis n sak of iets wat in die pad le en wou “wydsbeen” daaroor ry, of hy het gedink dis “roadkill” en wou dit nie met die wiele trap nie. Loop die kommentators bo nie dalk n bietjie gou op hol met die storie nie?

FM ·

Kla die eienaar aan. Waar daai hond vandaan kom, is nog baie. Diere in die pad veroorsaak ongelukke.Miskien was dit n rondloperhond wat gesmeek het vir n bietjie kos. Miskien het die polisievoertuig n ander verdagte voertuig agtervolg en kon nie vir die hond uitdraai nie. Daar s baie faktore

Denise Strydom ·

Soos wat dit vir my lyk is dit donker en die pad STIL? Hoekom kon die offisier wat bestuur het nie maar sy noodflikkers aangesit het en gestop het nie? Hoekom doel bewus net oor ‘n dier ry? Ek weet die hond was nie veronderstel om in die pad te wees nie, MAAR DIT GEE NIEMAND DIE REG OM DOELBEWUS OOR ‘N DIER TE RY NIE! Wys jou maar net weereens, geen menslikheid nie. ‘n Lewe bly ‘n Lewe!

Ek stem Denis ·

Dankie Denise, dit is common sense. Eerste kyk mens voor jou, hy het die dier daar gesien le en slaap, om nou die eienaar skuld te gee (dit is as die hond een het) is nie die antwoord nie. Mens het tog empatie en simpatie met die haweloses en stemlose diere. Genade, hy het dalk ‘n warm plekkie gesoek en daar gaan lê dis nie asof hy weet dit is ‘n teerpad en dat hy eers links en regs moet kyk voordat hy oorstap nie. Hy het gaan slapies en iemand het doelbewus oor hom gery. Hy het nog probeer opstaan nadat hulle hom net so beseerd agtergelaat het .. neewat GEEN verskoning . en ook GEEN simpatie met SAPS in die vervolg nie. Julle moet maar vat wat na julle kant toe kom. Dit is hoekom niemand tyd het vir julle nie.

VanAfrika ·

Die beste opsie is om te stop en die dier van die staat af te verwyder. Ek het regsvakke gedoen toe ek my matriek so 3 jaar terug geskryf het. Die polisie is verantwoordelik vir dooie diere in die pad, as hulle die dier doodry moet hulle die dier verwyder as die eienaar nie daar is om dit te doen nie. Dit keer ook nie enige iemand om die dier na veiligheid te bring nie, want dis wat ek doen. Ek kan nie myself indink dat ek n blinde oog draai met n hond wat in n besige staat rond dwaal nie en dat n trok of kar hom stamp nie. Help eerder die dier want hulle weet nie van beter nie, ENNE baie keer is dit nie die eienaar se skuld as die dier uitkom nie, ek het al honde en katte sien 6 ft mure klim. Ek sal dink dat die polisie persoon getug word want hy kon die hond uit die straat gehelp het on die DBV laat kom om die dier na veiligheid te bring. Ons het nie verskoning wanneer dit by diere en kinders kom nie, al was die hond op die verkeerde plek, hy weet dit nie en so ook n kind. Ons is almal volwasse genoeg om te dink die hond lê op die verkeerde plek en slaap en dis ons verantwoordelikheid om die hond te help.

Pikkie ·

Sommige van die kommentaar is gevoelloos en ek hoor ook die wat se die hond moes in die 1ste plek nie in die pad gewees het nie. voor ek weer gekruisig word,ek wil net vertel van iets wat ek self moes beleef. Maar weet julle, soms gebeur dit wel dat ‘n dier uitkom sonder dat die eienaar bewus is daarvan maar ek gaan hom nie eenvoudig net dood ry omdat hy nou in die pad is nie. Daar is darem nog so iets soos menslikheid – o ja maar baie mense weet nie wat dit is nie. Sover ek kan sien is daar nie enige ander motors nie, kon hy nie maar net OM die hond gery het nie? Hoekom bo-oor? Ek is ‘n diere liefhebber en weet soms kom diere in hul onkunde in die moeilikheid maar hierdie wat hier gebeur het is MOORD. Net vanoggend oppad werk toe het ons weer ‘n hondjie gerky wat dood gery is en net so in die pad gelos is. So om en by ‘n jaar terug het ek baie vroeg die oggend my seun afgelaai by die werk en ek het net basies om die hoek gery toe ek sien daar is ‘n hondjie in die My hart kon dit eenvoudig net nie doen om net te ry en hom so te los nie aangesien die verkeer op daardie stadium begin toeneem het met taxi’s wat mense gaan aflaai .

christa ·

eerstens moet die eienaar verbied word om ooit weer ‘n dier aan te hou. Wat soek diere in die strate. tweedens moet die skuldige baie swaar gestraf word. ‘n jaar by diere beskerming na ure sal hom goed doen.

Aspris ·

Jelly, ek stem 100% saam met jou. Ek voel ook absoluut NIKS vir hulle, want hulle voel niks. Dit was opsetlik.
Ja Daan Erasmus, hul moet hulle oë heeltyd op die pad hou. Jy is nie veronderstel om te sit en rondkyk terwyl jy bestuur nie. As dit n mens was wat daar gelê het,het jy seker weer daaroor n eier gelê en gesê “hoekom het hul nie hul oë op die pad gehou nie”. Jy kan mos van vêr af sien as daar iets in die pad lê. Jou redinasie stink. Gaan sê jy vir n hond “moenie in die pad gaan nie dis gevaarlik” en kyk of hy jou kan antwoord.

Pikkie ·

Om my storie klaar te maak – kort van die lank is. Die hondjie is raak gery en sy beserings was ernstig. A.g.v die verkeer het ek reg voor die hond in die middel van die pad gaan staan om te verhoed dat hulle bo oor hom ry. My seun het die kombersie wat altyd op my bakkie se sitplek was gebring en ons het die hond so met die kombersie opgetel en in die bakkie gelaai. Toe die DBV oopmaak is ons met hom soontoe maar hulle moes hom ongelukkig uitsit a.g.v sy beserings wat te erg was.

Naomi ·

Daar is hordes diere WAT NIE EIENAARS HET NIE. Al so daaraan gedink, klink nie so nie.

M'Lady ·

n Mens se lewe is niks werd nie, wat nog te se n hond, kat of enige ander dier, in hierdie land.

Kallie ·

Ek kan nie beskryf wat ek voel nie,wel dat ek nie kon dink dat mense meer wreed kan wees as wat reeds die geval is nie.

Vermeendes ·

Ja-nee, daai bakkies kom mos uit die fabriek uit sonder reme en hulle ry mos ook net een spoed tussen geboue……..volspoed!!

Theresa ·

1. Het hond self uit erf gekom (indien nie rondloper nie). Waar is die eienaar?
2. Indien reeds dood – kon bestuurder gerus uitgedraai het.
3. Slaap ‘n hond op die ryvlak van ‘n straat so vas dat hy nie ‘n motor hoor aankom nie?
4. Indien wel geslaap (sou vreemd wees) moes voertuigbestuurder wakker gewees het en die hond mis gery het.

SêNet71 ·

Die hond was heelwaarskynlik ‘n rondloper hond wat nie die beskerming en hitte van ‘n eie huis gehad het nie. Die teerpad is warm in die aande en het die arme ding seker hitte daar gaan soek. Of die hond nou ‘n eienaar gehad het of nie, jy ry nie oor ‘n onskuldige dier nie. In my oë is jy ‘n moordenaar en niks wat nou aan jou gedoen word, sal ooit daarvoor kan opmaak nie.

MAGGIE ·

EK STEM 100% SAAM- JY RY NIE EENVOUDIG ‘N ONSKULDIGE DIER DOOD NIE ONGEAG DIE OMSTANDIGHEDE.
SIES MAN!!!

MAGGIE ·

Ongelukkig gebeur dit soms dat ‘n dier uitkom sonder dat jy beheer het daaroor. ‘n Kollega van my het so hondjie gehad. Maak nie saak wat hulle gedoen het om haar te beveilig en binne te hou nie sy het altyd ‘n manier gekry om te ontsnap – dan het dit ure se soek gekos. Die laaste keer wat sy uitgekom het was hulle ongelukkig ni so bevoorreg om haar ongedeerd terug te kry nie.Sy is dood gery MAAR NIE IN DIE PAD NIE- LANGS DIE PAD.Hulle was stukkend oor hulle “kind”. So volgende keer dink 2 keer voor jy eenvoudig ‘n hond/dier dood ry – dit is iemand se dier waarvoor hulle baie lief is wat dalk per ongeluk uitgekom het.

Anli ·

Diere het ni hande om hulself te beskerm nie of monde om te se hul is honger of het pyn nie! Hul kan ook nie hul eienaars kies nie!!!

AgentLX ·

Gaan ons nou rerig die reeds beperkte hulpbronne wat ons het toepas tot die nonsens.

Dit voel beslis nie lekker om ‘n hond te verloor nie maar die koeël is deur die kerk.

Jd ·

Ons beskermers haha. Pateties hoe beland hulle in die polisie diens. Hulle sal.n geringe berisping kry ….

DHK ·

God se oë sien al hierdie dinge raak. Hulle sál op die oordeelsdag rekenskap van hierdie sinnelose en barbaarse daad aan Hom moet gee. Om ‘n stomme dier so te vermoor…

Amanda ·

Asb dit was doodstil en hulle was op patrollie as jy video Sien en post van persoon wat dit gesien het was dit aspris. Hond het in pad geslaan want diere soek altyd hitte van teerpad in aand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.