Die polisie in Kaapstad ondersoek tans die oorsaak van die brand wat vyf treinwaens by die Kaapstad-treinstasie verlede Sondag verwoes het. Die brand het op platform 15 by die stasie uitgebreek.
Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se Brand- en Reddingsdienste, het gesê die trein het stilgestaan toe die brand begin het.
“Vyf waens het groot skade opgedoen en nog ʼn ander wa het geringe skade. Die brand is in minder as twee ure geblus,” het hy gesê.
Wolke swart rook is vir die eerste keer om 17:00 Sondagmiddag by die stasie opgemerk.
Layne het gesê Metrorail gaan moontlik alternatiewe treinspore gebruik om die impak op treindienste te verminder.
Die skrywer het seker bedoel die brande het by perron vyftien gebeur. Ons praat en skryf mos hier Afrikaans, dan nie?
Retief, die groot taalkundige. Dalk moet Maroela wat hul diens gratis beskikbaar stel, in die toekoms met jou konsulteer voordat hulle berigte plaas. Dankie Maroela ons ander gewone ouens waardeer julle harde werk.
Perron beter as platform
Beide ‘platform’ en ‘perron’ is korrek volgens die HAT.
Meer van belang is dat hulle die volgende dag wag vir die trein wat hulle die vorige dag aan die brand gesteek het.
Wonderlik die kultuur van onse reënboognasie.