Polisie ondersoek video van ‘bendeverkragting’ ná matriekdans

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie en die KwaZulu-Natalse departement van gemeenskapsveiligheid ondersoek ‘n video wat glo wys hoe ‘n hoërskoolmeisie na ‘n matriekdans deur ‘n groep mans verkrag word.

“Ons ontleed die video en werk saam met die SAPD [Suid-Afrikaanse Polisiediens] in ‘n poging om ooggetuies te probeer identifiseer,” het Sipho Khumalo, woordvoerder van die departement, gesê.

“Ons het nog niemand geïdentifiseer nie en moet versigtig wees dat die naam van die skool nie bekend gemaak word nie aangesien dit tot gevolg kan hê dat die slagoffer moontlik geïdentifiseer kan word.”

Die video is op sosiale media versprei.

Khumalo sê die voorval het glo ‘n week gelede in Pietermaritzburg plaasgevind.

Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die saak word deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Pietermaritzburg ondersoek.

“Die slagoffer en die skuldiges is nog nie geïdentifiseer nie. Die ondersoek duur voort en in die stadium is dit nog nie bekend waar die beweerde voorval plaasgevind het nie,” het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

NIKS, Skok ons meer nie, moord, verkragting, diefstal, en so kan ek aangaan…dit is daaglikse voorvalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.