Polisie ondersoek vir sterftes tydens afsonderingstydperk

(Foto: SA Polisie)

Minstens agt mense is glo al aan die hand van die polisie dood tydens die inwerkingtreding van die nasionale afsonderingstydperk weens Covid-19.

Dit is volgens die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) wat sedert die afsonderingstydperk begin het talle klagtes, waaronder moord en aanranding, teen die polisie ontvang het.

Volgens Sontaga Seisa, waarnemende woordvoerder van Opod, word daar na die eerste week van die afsonderingstydperk reeds ses sterftes ondersoek weens polisie-optrede en twee sterftes wat in polisie-aanhouding plaasgevind het.

Die sterftes weens polisie-optrede is in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap aangemeld. Die sterftes in polisie-aanhouding is in Limpopo aangemeld.

Opod ondersoek ook verskeie klagtes wat verband hou met die afvuur van vuurwapens en klagtes van aanranding wat spesifiek met die afsonderingstydperk verband hou.

Die DA het intussen sy skok uitgespreek oor die aantal mense wat glo aan die hand van die polisie gesterf het sedert die afsonderingstydperk begin het.

Andrew Whitfield, DA-LP en woordvoerder oor polisie, het gesê dit is ʼn bewys dat Bheki Cele, minister van polisie, se benadering van “skop, skiet en donn*r” onteenseglik skadelik en heeltemal strydig is met die rol wat die polisie in die tyd moet speel.

Volgens Whitfield sal sy party aan die waarnemende uitvoerede direkteur van Opod skryf en hom versoek dat Opod daagliks inligting bekend maak oor sake wat ondersoek word.

“Suid-Afrika is nie in ’n noodtoestand nie, maar in ’n ramptoestand. Die oppergesag van die reg, die Handves van Regte en die Grondwet moet te alle tye nagekom word.

“Die polisie se rol is om die tydperk van afsondering af te dwing en mense aan te moedig om tuis te bly en sosiale distansiëring te beoefen binne die bepalings van die regulasies.”

Whitfield het gesê ongelukkig het nog net die teenoorgestelde gebeur. “Ons het eerder toenemende risiko-gevalle van geweld gesien aan die hand van diegene wat ons moet beskerm en dien.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Hou Cele aanspreeklik vir die wangedrag van polisie amptenare.

Knap

Met n Rampokker as hoof, hoe dan anders?

PH

Virus 9
Polisie 8

Anel

Kry ‘n ander, meer bevoegde minister. Hy was juis as kommissaris afgedank. Nou sit hy in’ hoër posisie.

Michael 1

So wat ek hier lees is dat die polisie meer mense doodmaak as die covid 19 sit dit op n grafiek langs covid 19 sodat ons weet wie wen.