Polisie ondervra nog iemand oor besit van liggaamsdele

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie het Maandag nog ’n man (41) vir ondervraging ingeneem in verband met die ondersoek na die besit van menslike liggaamsdele. Dit volg na twee mans Sondag reeds in Elukwatini in Mpumalanga in hegtenis geneem is nadat die polisie menslike liggaamsdele in hul besit gekry het.

Die twee mans, Jabulani Sam Mnguni (45) en Pascal Mandla Gininda (49), het Maandag in die Eerstehoek-landdroshof verskyn. Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê Mnguni en Gininda is steeds in aanhouding en sal volgende week Woensdag formeel om borgtog kan aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Mnguni en Gininda is Sondag in hul rooi ligte voertuig by die Lochiel-Nhlazatshe-kruising, op pad na Elukwatini, deur die polisie voorgekeer. Die polisie het Sondag inligting ontvang oor die twee mans wat met die menslike liggaamsdele in hul besit na Elukwatini op pad was.

Die polisie het die verdagtes se voertuig voorgekeer, deursoek en ʼn been, plasenta en ʼn knie gevind.

Hlathi sê die polisie is steeds besig met ʼn ondersoek om te bepaal waar die verdagtes die liggaamsdele gekry het. Intussen het inligting aan die lig gekom dat die 41-jarige man ook betrokke was by die saak. Polisie is tans besig om hom te ondervra.

In ʼn onverwante saak, is ʼn 53-jarige man, Mbhazima James Makhubele, verlede jaar dood langs die pad digby Giyani in Limpopo gevind na hy in ʼn tref-en-trap-ongeluk betrokke was. Van sy liggaamsdele was verwyder.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê ʼn saak van strafbare manslag sowel as tref en trap is ondersoek. Dit volg na die familie die polisie ingelig het dat sommige liggaamsdele van Makhubele se liggaam verwyder is.

Die polisie het ʼn nadoodse ondersoek aangevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Word ons in land van kannibale, of het die sangomas en toor doctors in “order” ingesit?

Tienie ·

Die berig is onvolledig vir my.

Daar is sekere inligting wat ek nie kry hier nie en sal ook seker volgens die mense regte komisie nie polities korrek wees om sulke vrae te vra nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.