Polisie ondervra talle oor stasiebrande

Omstanders kyk hoe rookwolke by die Kaapse stasie uitborrel naat twee treine Dinsdag aan die brand gesteek. Foto: Armand Hough/ANA

Die Wes-Kaapse polisie sê hulle ondervra talle mense in verband met Dinsdag se brandstigting op twee treine op die Kaapse stasie waarin vyf treinwaens vernietig is.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê op die oomblik is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die treine waarvan waens aan die brand gesteek is, het langs perronne 17 en 18 gestaan. Brandbestryders het die brand geblus, maar volgens die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsafdeling was perronne 13 tot 21 nog Dinsdagmiddag gesluit weens de gevaar wat die rook vir pendelaars inhou.

Die brand het ontstaan terwyl Prasa se raad en bestuur LP’s in ʼn nabygeleë hotel op die hoogte gebring het oor aanvalle op die spoor-infrastruktuur.

Tydens die sessie kon gesien word hoe LP’s van die portefeuljekomitee oor vervoer hul selfone vir mekaar aangee met foto’s daarop van die donker rookwolke bokant die stasie in die Kaapse middestad.

Khanyisile Kweyama, Prasa se raadsvoorsitter, het die voorval bevestig en aan LP’s gesê sy lyk “omgekrap” omdat sy pas berigte ontvang het dat “perronne 16 en 17 brand”.

“Ek voel verplig om te sê ons kan nie die moontlikheid buite rekening laat nie dat die stelsel gesaboteer word … eksbestuurders is ongelukkig en ontevrede oor die manier waarop hulle gehanteer is. Daar is … genoeg mense wat ongelukkig is en die stelsel probeer destabiliseer.”

Ian Schnetler van Kaapstad se brand-en-reddingsafdeling sê twee treine wat uit drie waens per trein bestaan, was in ligte laaie terwyl brandbestryders gewag het dat tegnici die krag isoleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert ·

Ek sit by die huis, gee my die kans om die ondersoek te doen,, die vraag is, wil hulle dit opgelos he?

Hans ·

Om infrastruktuur ter waarde van miljoene rand te vernietig en 1000de menses se lewe te ontwrig net omdat n persoon oor iets ongelukkig is,is absoluut onverstaanbaar.

Diefie ·

Dink aan die regering en sy mense wat aandele het in petrol maatskappye. Hulle wil ook mos “lewe”.

Siek ·

Ondervra, stel kommissie van ondersoek aan .. doen navorsing .. blah blah . NIEMAND word ooit gearresteer nie en daar is al MILJOENE rande se skade aangerig wat ONS BELASTINGBETALERS moet herstel .. SKANDELIK .. hoekom brand mens iets waarmee jy ontevrede is . dink jy as jy ‘n trein wat vandag laat kom uitbrand kom hy more vroeer?

Oom Walker ·

Is daar dan nêrens meer by stasies enige kameras en/of spoorwegpolisie nie?

Swannie ·

Spoorwegpolisie was destyds ontbind omdat daar kwansuis nie TWEE verskillende wetstoepassings strukture mog wees nie.

Niemand kon my egter tot dusver antwoord waarom Metro Polisie wel aanvaarbaar is nie. Dit is dan ook `n wetstoepassing struktuur.

Stefaans ·

Die enigste groep wat kan baat vind by dit is die taxi’s. As niemand meer trein wil ry nie sal hulle ‘n taxi moet vat. Hoe kry jy meer mense om taxi te ry……..?

tamboti ·

Ag DA word wakker en van die ANC regering met slim plan:
Kondig aan dat jul self ‘n beskermings mag van vrywilligers op die been gaan bring wat elke bewegende en stilstaande treinwa 24/7 gaan oppas en loof R1milj beloning uit aan die een wat die baasbrein/organisasie? sal uitwys met bewyse.
Die ANC sal so bang wees dat jul suksesvol dit kan doen dat hulle dadelik ‘n plan sal maak soos by Westburry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.