Polisie onseker aan wie dié arm behoort

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op soek na inligting om ʼn arm, wat in ʼn rivier gevind is, te verbind met die oorspronklike liggaam.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê vissermanne het die arm Sondagmiddag in die Nkomazi-rivier gevind. “Dit is nie duidelik of die arm dalk aan iemand behoort wat albinisme het en of die kleur verander het as gevolg van hoe lank dit in die water was nie,” het hy verduidelik.

Enigiemand met inligting om die arm by die oorspronklike liggaam uit te bring, word versoek om lt.kol. Lindiwe Nobungwa te kontak by 082 464 6332.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos ·

Seker ‘n slagoffer van ‘n mediese fonds. Albinisme? So die arm mag nie aan ‘n blanke behoort het nie?

Karolis ·

Die ander gedeeltes sal dalk met tyd vorendag kom.
Kom ons wag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.