Polisie ontken dat beamptes winkels plunder

Een van die foto's wat op Twitter versprei is.

Een van die foto’s wat op Twitter versprei is.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdag ontken dat van sy lede saam met betogers aan die plundering van winkels deelgeneem het tydens die afgelope onluste in Pretoria.

Foto’s van polisiebeamptes wat vermoedelik gesteelde goedere op die betogingstonele dra, is wyd op sosiale media versprei met sommige gebruikers wat beweer die polisiebeamptes het self ook goedere gevat in die geplunderde winkels.

Brig. Mashadi Selepe, woordvoerder van die polisie, het die verspreiding van die foto’s veroordeel en ten sterkste ontken dat polisiebeamptes aan die plundering deelgeneem het. “Die beamptes was op geen manier betrokke by enige misdaadaktiwiteite nie, maar bloot besig om gesteelde goedere by die plunderaars terug te neem deur die minimum geweld te gebruik,” het hy gesê.

“Die SAPD veroordeel hierdie tipe beriggewing en die verspreiding van die foto’s omdat dit selektief geplaas is om die beeld van die SAPD skade te berokken en heeltemal misleidend en onwaar is. Om foto’s sonder onderskrifte te plaas en oop te stel vir openbare mening en ongegronde aannames, skep ʼn negatiewe beeld van die SAPD en lei die publiek se aandag af van ons plig om die mense van Suid-Afrika te beskerm.”

Die polisie het Woensdag bevestig dat sy beamptes minstens 40 verdagtes in Atteridgeville, Hercules, Mabopane, Soshanguve en Mamelodi in hegtenis geneem het op aanklagte van openbare geweld, diefstal en die besit van gesteelde goedere. Twee verdagtes is ook Dinsdagaand doodgeskiet terwyl hulle glo ʼn winkel in Mamelodi geplunder het.

Lees alle vorige berigte oor die Pretoria-onluste op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Miemie ·

Die mense van Suid Afrika kort nie beskerming in die geval nie. Die land Suid Afrika kort beskerming teen die mense…

D ·

Vanaf di foto is di teenoorgestelde besls waar. Di man is besig om hom self te help.

MM ·

Lyk reeds vir my soos ‘n pak pap wat hy onder sy arm het.
40 verdagtes ek dink daar was baaaaie meer as net 40. En wat gaan julle met die 40 verdagtes doen??? R50.00 boete en daar gaan hulle weer, reg vir die Vrystaat betonings was 1 Julie begin ook omdat hulle ontevrede is met hul nuwe burgermeester. Word verniet met busse aangery!

Henk Venter ·

‘n Brigadier en hy ken nie eens die wet nie? AS sy verduideliking waar is, kan hierdie sogenaamde brigadier dan aan SA verduidelik waarom die polisiebeamptes NIE die kriminele wat die goed gesteel het of in besit was van vermoedelik gesteelde eiendom, gearresteer het nie? “brigadier”, weet jy wat is regsverydeling? EN sou jy lieg om jou bendelede te beskerm, dan is jy ook skuldig aan regsverydeling!

DD ·

Net soos die ANC ontken het dat hulle ondersteuners betrokke is in die protesaksie. Is mos nooit hulle nie.

Flippie ·

Ka ka ka …….Wie de hel glo hom. Die polisie is die grootste misdaad sindikaat in die land.

Tania ·

Nou wat maak hy dan met die pakkie ???? hmmmm fotos jok nie.

Theo Liebenberg ·

So duidelik soos daglig!! Mense as jul net iets van fotos weet sal jul dadelik sien dis Photoshopped. Kyk die skaduwee van die polisieman en die skaduwees van die ander voorwerpe!

Theo Liebenberg ·

Oeps, jammer, dit is my fout vra om verskoning! Foto is nie gepeuter aan nie!

At van Jaarsveld ·

Die lamppale se skaduwee dieselfde as polisiebeampte en mense staan agter lamppaal. Niks verkeerd met foto

GES ·

Almal verkeerd! Hy was bang dit word weggedra en neem dit toe huistoe. Hoe bedagsaam ??

Ladyp ·

Sies, soos gewoonlik is julle spul baie vinnig om op die wa te spring! In die volledige groep fotos wat geneem is is daar 4 van die man in die boonste foto. In een is hy saam met ander bo-op ‘n winkel se dak besig om die betogers af te jaag. Op die tweede is hy besig om kaste produkte uit die pad te skuif in ‘n winkel sodat hulle die vasgekeerde betogers kan uithaal. Hierdie is die derde foto in die groep en die vierde is van hom wat langs gearresteerde betogers staan met ‘n stapel goed wat van hulle af gekonfiskeer is. Dis mos lekker om negatief te wees en gevolgtrekkings te maak want julle spul was mos daar, ne?

Tina du Toit ·

Dis so snaaks dat hy net met die pak pap stap en geen ou is gearristeer vir die wegdra daarvan nie. Pleks hy net herken hy het dit gevat dan sal hy nie sy naam so plank of die polisie sin nie.

jaco ·

as dit winkels is van buitelanders, wat anyway meestal onwettig in SA is, het ek self help plunder. HULLE HOORT NIE HIER NIE.

Theresa B ·

Julle onderskat die mense se IK hoor!!! En buitendien sal julle dit nie erken nie maar almal weet wat doen julle SAP lede…………… Male sonder tal al vir ons gewys.

Sterretjie ·

Weet iemand waar ons, vir ons ook mieliemeel kan gaan vat sonder om in die moeilikheid te kom??

Susanna ·

Julle hoef nie sy gesig te “blur” nie…. ons het almal reeds op Facebook gesien hoe die man lyk…. Just a thought…..

Lance ·

Wat n joke …dis nie die eerste keer nie ….die polisie wat veronderstel is om n voorbeeld te stel en ons te beskerm steel saam met die gemeenskap ….die polisie in SA is regtig n grap !!!

Christo Meintjes ·

Die polisieman se skaduwee wys ook in dieselfde rigting. So daarvolgens is daar nie fout met die foto nie. Weet nou nie of iemand die meiliepap in kon in gephoto shop het nie. Mens weet regtig nie want dit kan gedoen word. Sommige ouens is baie goed om sulke photo shop goed te doen. Van die fotos wat ek gesien het was daar twee polisiemanne afgeneem met goed in hulle hande.

charmaine ·

Shame hy het hard gewerk van Maandag aand tot Dinsdag en sy familie moet ook eet, sal dit nie lekker wees as ons ook sulke gratis groceries kan gaan optel nie,maar ek sal nie pap vat nie! Goeie voorbeeld! En dis hoekom dit so gaan as die wat moet beskerm en diefstal moet keer steel kan almal steel.

m ·

Dis mos nou n free for all in hierdie land so natuurlik sal hulle ook wil deelhe aan dit……..

Kerneels ·

Die vure was klaar aangesteek. Hy het net die pap gebring vir die braai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.