Polisie ontken doodsdreigemente in Senzo Meyiwa-moordondersoek

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Die polisie het Maandag berigte ontken dat ʼn beampte wat betrokke is by die ondersoek na die moord van Senzo Meyiwa (27), kaptein en doelwagter van Bafana Bafana, bedank het nadat sy doodsdreigemente ontvang het.

“Mediaberigte rakende die ondersoek na [Meyiwa se] moord wat beweer dat kapt. Joyce Buthelezi uit die ondersoekspan bedank het ná onenigheid oor ’n voorstel wat sy gemaak het en waarna sy gevolglik doodsdreigemente ontvang het, is onwaar,” het lt.kol. Solomon Makgale, nasionale woordvoerder van die polisie, gesê.

Buthelezi het glo ’n aanbeveling gemaak dat almal wat in die huis teenwoordig was toe Meyiwa geskiet is, van sy moord aangekla moet word. Maroela Media het vroeër berig die Bafana Bafana-kaptein is in Oktober 2014 doodgeskiet toe twee verdagtes drie aanvallers in sy vriendin se huis in Vosloorus oorval en ’n skietery ontstaan het. Geen ander persoon is tydens die skietery beseer nie.

Makgale het Maandag beklemtoon dat Buthelezi by die ondersoekspan ingesluit is weens haar spesialisvaardighede, maar dat sy nie die dossier by haar gehad het nie. “Soos enige ander spanlid is spesifieke take aan haar toegeken en moes sy haar insette gee wanneer nodig,” het hy gesê. “In teenstelling met mediaberigte, is daar geen komitee aan wie die ondersoekspan verslag moet lewer nie.”

Lees alle vorige berigte oor Senzo Meyiwa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Dit sal nou nie ‘n eerste (snaaks) wees nie. Waar ‘n rokie is nê………………………………

Ampie ·

Daar is ‘n groot skroef los by die polisie se speurdienste. Selfs opspraakwekkende sake kan eenvoudig nie opgelos word nie. Daar word ook nie eens verdagtes geidentifiseer nie. Het nepotisme, regstellende aksie en onbekwaamheid nou finaal die polisie vernietig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.