Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek, sê gerugte dat die waarnemende hoof van die Valke, lt.genl. Yolisa Matakata, oorsee gereis het as deel van die Valke se ondersoek na beweerde korrupsie en e-poslekke, is vals.
Mulaudzi het gesê die Valke het verskeie navrae gekry van lede van die publiek én die media wat daarop dui dat Matakata na die Verenigde Arabiese Emirate gereis het om dié geheime korrupsie en e-posse te ondersoek.
“Twee nasionale koerante het gesê dat sommige publikasies waarskynlik dié gerug sal publiseer, ondanks ons bevestiging van die teendeel,” sê Mulaudzi.
Hy sê Matakata het na die buiteland gereis op uitnodiging van die departement van internasionale verhoudinge om deel te neem aan die eerste vergadering van senior amptenare in Naypyitaw, Mianmar se hoofstad, op 17 Augustus.
“Die doel van die reis was om die raamwerk van samewerking te vestig wat samewerking tussen ons en Mianmar sal toelaat ten opsigte van die voorkoming, bekamping en ondersoek van transnasionale misdade,” het hy bygevoeg.
Dalk moet jy fokus op die misdaad in SA want dit is buite beheer en raak net erger of dink jy nie so nie ….glo niks wat die mense (anc) se nie hulle is deurspek met leuns …en nie almal kan verkeerd wees nie !
Dalk moes hy eerder Zim toe gereis het om transnasionale misdade te bekamp en te voorkom soos hy beweer in die laaste paragraaf van die berig. Die sakie van koordvegter Grace kon sommer as proefsakie dien om die effektiwiteit van so ‘n oorkoms met ander lande te bepaal
Bla Bla bla! Hulle het ‘n antwoord op als….. En geen een is die waarheid nie!!
Waar daar n rokie trek is daar n vuurtjie.
Ada, en daar waar ‘n valk is, moet hy/sy vlieg.