Polisie ontken herinhegtenisneming van #FeesMustFall-leier

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag gerugte ontken dat Mcebo Dlamini (30), voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en #FeesMustFall-aktivis, in hegtenis geneem of by enige polisiestasie in Gauteng, of enige ander provinsie, aangehou is.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die nasionale polisie, het gesê gerugte oor Dlamini se beweerde inhegtenisneming is op sosiale media en deur sommige mediahuise versprei sonder dat die feite bevestig is.

“Die gerugte spruit glo uit ʼn SMS, vermoedelik van Dlamini, aan ʼn vervaardiger by ʼn radiostasie, waarin beweer word hy is in hegtenis geneem. Verskeie polisiebeamptes moes kosbare tyd afstaan en mors om vas te stel hy is nie in hegtenis geneem of aangehou op enige aanklag in verband met die #FeesMustFall-betogings nie,” het De Beer gesê.

Sy het gesê toe Dlamini (30) in Oktober in hegtenis geneem is op aanklagte van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die opset om ernstig te beseer, was dit na ʼn behoorlike ondersoek. Hy het gevolglik in die hof verskyn om strafregtelik vervolg te word en is borgtog toegestaan.

“Ons ondersoek die omstandighede rondom vandag se beweringe, wat ʼn doelbewuste poging deur ʼn individu of individue met ʼn agenda is om die polisie in ʼn negatiewe lig te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Soveel van arrogante aandag beheptheit het ek nog nooit gesien nie. Of probeer hy “marter” speel om die aandag af te lei van Julius se bestuurder (as hulle die regte een kan identifiseer) of sy EFF pelle wat by TUT arresteer is weens bedrog…of van Julijes self wat borderline v9lksmoord aanhits?

Buitestander ·

Ek stem saam Tom mens soos hy moet gedeporteer word en ‘n verbod op sy terug keer te plaas.

Hy is nie ‘n RSA BURGER NIE!

Rocky ·

30 jaar our en hy sit nog op universiteit. Deporteer die moeilikheid maker.

Neewat ·

Janee hy studeer seker rustig verder op die SA belastingbetaler se geld en sit heerlik in sy blyplek wat ook deur die SA belastingbetaler betaal word en maak nog mense op teen witmense. Wat kom hy oor? NIKS, wat gaan oorkom, OOK NIKS!

Johanna Botha ·

Ek sou ook so frons ……veral na die gesprek op die radio wat die volgende uitwys ….in die 80 ‘s het 1.8 blankes geslaag op universiteit vir elke nie blanke en deesdae slaag 6 blankes vir elke nie blanke ….genade julle het dan alles wat vir julle tel nou HALLOOO!! ….easy come easy go !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.