Polisie ontken Katie Hopkins by lughawe aangehou

Hopkins in Suid-Afrika tydens die verfilming van haar dokumentêr. Foto: Twitter

Die polisie het ontken dat die Britse kommentator en rubriekskrywer Katie Hopkins by die OR Tambo Internasionale-lughawe aangehou is.

Hopkins (42) het vroeër die week op Twitter gesê sy word by paspoortbeheer aangehou “op bevel van die ANC”. Sy het ʼn video opgelaai by die inskrywing waarin sy beweer haar paspoort is “gemerk vir die verspreiding van rassehaat in Suid-Afrika”.

Hopkins het verder gesê haar paspoort is van haar af weggeneem en dat sy moontlik nie Suid-Afrika gaan kan verlaat nie. Sy het egter ʼn paar uur later op Twitter laat weet dat sy die land verlaat het en dat sy haar dokumentêre beeldmateriaal “wat die ANC nie wil hê jy moet sien nie” by haar het.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het egter ontken dat Hopkins by die lughawe aangehou is. “Ek was in kontak met beamptes by die lughawe en kan bevestig dat geen saak geopen is nie en dat die joernalis nie aangehou is nie.”

Hopkins nadat sy flou geraak het. Foto: Twitter

Hopkins was in Suid-Afrika om ʼn dokumentêre program oor plaasmoorde te verfilm. Sy vervaardig video’s en skryf berigte vir haar webtuiste Hopkinsworld en Kanada se The Rebel Media.

Hopkins het verder op Twitter ʼn skermskoot geplaas van ʼn e-pos wat glo van die departement van binnelandse sake aan die lughawe gestuur is waarin versoek word dat Hopkins toegang tot die land geweier word.

Hopkins het Sondag ʼn foto op Twitter geplaas waarin sy met haar gesig na onder op ʼn sypaadjie lê terwyl sy behandeling van paramedici ontvang. Sy het later verduidelik sy het ʼn ernstige ontwrigte skouer en dat sy geval het waarna paramedici vir haar ketamien toegedien het vir die pyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

FPVZ ·

Vir een of ander rede glo ek nie die regering se weergawe nie. Dit is tyd dat verdoemende bewyse aan die buiteland gewys word van uitwissingsplan.

Lola ·

Vir een of ander rede glo ek ook nie die regering se weergawe nie……….

Cherokee ·

Christa, die hele wêreld sien wat gebeur in die moslemlande. Die hele wêreld sien waarmee is IS (oftwel ISIS) besig en die hele wêreld sien wat gebeur in Kenia en ander Afrika-lande soos die hele wêreld sien dat Sjina, Korea en ander Oosterse lande ons renosters en olifante uitroei. Die hele wêreld voel vere daarvoor. As jy in New York mense voorkeer op ‘n sypaadjie en vra waar Johannesburg is, sal hulle waarskynlik raai êrens in Europa of in die verre Ooste. Mense is nie eens bekommerd oor wat gebeur in hul buurhuise nie, hoeveel te minder in ander lande.
Die hele wêreld het teen ons gedraai oor apartheid, toegegee… maar dit het nie werklik te doen met die mens op straat nie. Daar is duistere magte wat vele dinge beheer.

Anoniem ·

Ten spyte van die video opname wat beskikbaar is? Mmm, leuens en nogmaals leuens!

Alida ·

As hulle niks het om weg te steek nie hoekom word die vrou ondervra en toegang geweier. Klomp verraaiers.

Blommetjie ·

Ons is nou werklik vinnig oppad om nog n Zimbabwe te word. Laat my dink aan al die kere wat joernaliste toegang geweier is in Zimbabwe en gevange geneem is.

ONS GLO JOU ·

Toemaar skat ons weet hoe hierdie spul kan LIEG om hulle uit die moeiliheid uit te kry. Van die President tot Ministers tot hooggeplaaste amptenare in groot organisasies. Daar sou nie ‘n ondersoek na STAATSKAPING gewees het of na die GUPTAS se inmenging in SA en die SAUK en SAL en Denel en Prasa en Eskom sou nie so diep in die skuld gewees het as hierdie bloedjies almal DIE WAARHEID gepraat het nie. Snaaks hoe JULIUS MALEMA nooit in hegtenis geneem word vir RASSEHAAT nie maar iemand wat uiteindelik die WAARHEID wil kom uitvind oor die wrede moorde op WITTES word gebrandmerk? SA is in sy duiwel in, soos die res van die godsverlate Afrika~

Lee ·

Natuurlik sal die ANC haar prober keer want nou gaan die hele wêreld kan sien hoe sleg dit hier gaan want als word mos weggesteek. As ek sy was sou ek nie eers laat weet het ek kom SA toe nie. Sou dit skelm doen en teruggaan na my eie land toe.

HPV ·

Die regering glo? Nee ek dink nie so nie! Ons kon nie eers die vorige regering glo nie, wat nog van die huidige een. Soms wonder mens of enige politikus geloofwaardig is. Nee ek dink ook nie so nie.

Koos1 ·

Wanneer weet jy dat ‘n politikus lieg? Hy/Sy se mond gaan oop!

Johan Smit ·

Sy het nie ketamien gedrink vir ‘n ontwrigte skouer nie. Sy het geval, haar skouer ontwrig en die paramedici( foto) het haar ketamien gespuit vir die pyn.

Tania Heyns ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Koos1 ·

Die wêreld voel ‘n veer vir SA. Plaasaanvalle is al deur hordes mense en organisasies wêrelwyd gedeel, en het enige iets gebeur? NEE.
Elke land het sy eie problemeen hulle wil nie ander lande s’n ook hê nie. En wat het SA te bied vir die res van die wêreld? As ons boere met olie geboer het, was die VSA al lankal hier om hulle te beskerm. Nee wat ek hou nie my asem op dat enige iets wat verkondig word enige inpak gaan hê nie!

rollie ·

SA is steeds ‘n strategiese seeroete wat veral in oorlogstye van waarde vir die VSA kan wees.

TDW ·

Net gou die fout in die artikel uitwys. Sy het geval. Nie flou geword nie. Die ambulans het vir haar ketamien gegee vir die pyn vir haar ontwrigte skouer. Sy het nie flou geword van die ketamien nie.

Tania Heyns ·

Dagsê TDW

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Dankie ·

Dankie Katie vir wat jy bereid is om te doen. Meer as voorgaande kommentaar se gelui van doodsklokke.

Marinda ·

Ek hoop dai beeld materiaal wat sy het word vinnig op tv versprei. You go girl. Laat die hele wereld dit sien. Moenie terughou

Chrisjan ·

Ek volg Katie Hopkins se #plaasmoorde ondersoek al geruime tyd, selfs voor haar voorgenome besoek om SA plaasmoorde te ondersoek. My mening: 1. Jammer dat dit n buitelander kos om krisis in SA onder aandag van die wêreld te bring. 2. Haar vrees / ekstreme veiligheidsplanne om op n plaas deur te bring was aanvanklik vir my effens “oordrewe” totdat ek besef het: ek as SA’ner is al so gebreinspoel dat ek nie meer besef erg ons situasie vir buitelander moet wees nie 3. Katie Hopkins se ope uitnodiging aan Malema tot openbare debat en latere uitdaging aan hom of hy dan bang is “for a little white woman” het moontlik iets te doen met wat op OR Tambo gebeur het?

PJC ·

Die reaksie van die ANC en die regering wys duidelik dat hulle plaasmoorde goedkeur en wie sê daar is nie van hulle wat dalk in die geheim nog daarby betrokke is ook nie. Hulle reaksie op plaasmoorde oor die jare spreek boekdele oor hulle siening hieroor.

Koos ·

Dankie dat daar verslaggewers is wat bereid is om die plaasmoorde op ons Boervolk bekend te stel. A Hopkins moet asseblief die moorde in verband bring met dit wat jare terug gebeur het. Hierdie moordenaars het hul opleiding ontvang deur die geskiedenis na te vors om sodoende af te kom op die moordveragtelike dade wat deur Britse soldate op ons uitgevoer is, af te kom. Die afbrand van plase asook vuurpeleton moorde gaan nie liggies verby.

bgj van der westhuizen ·

suid afrika is nie meer belangrik vir usa of ander lande meer nie wand hulle weet dat afrika uit mekaar val en suid afrika gaan die selde pad as die res die anc regering sal haar wil keur wat onthou hulle gaan bedel aan een oor see vir geld

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.