Polisie ontken premier is verdagte in lyfwag-moord

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal het bewerings dat die provinsie se premier ʼn verdagte in die onlangse moord op laasgenoemde se lyfwag is ten sterkste ontken.

Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, het vandeesweek sterk uitgevaar teen die polisie se hantering van die moord op Xolani Nkosi in Julie vanjaar. Hy het daarop gesinspeel dat mede-ANC-lede die polisie aangemoedig het om hom aan die moord te verbind.

Volgens die polisie het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, kennis geneem van die premier se kommer rakende die ondersoek na die moord. Ngobeni het gesê sy sal samesprekings hou met die ondersoekspan en het onderneem om self toesig te hou oor die ondersoek.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Ngobeni sal met die premier vergader sodra sy al die inligting het.

“Ek wil dit benadruk dat die premier in geen stadium ʼn verdagte in die moordsaak was nie en is bekommerd dat sulke ongegronde bewerings die lig gesien het,” het Ngobeni in ʼn verklaring gesê.

Nkosi is in Julie in Empangeni vermoor. Hy is verskeie kere geskiet en dit het aanleiding gegee tot samesweringsteorieë dat sy moord moontlik polities verwant en uit wraak was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Sal maar wag en sien. Die vraag is of die feitelike aan die lig sal kom. Meen maar net daar is meer moorde verbind aan politiek wat maar net nie tot klaring kan kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.