Polisie ontplooi bykomende hulpbronne in Diepsloot   

Betogers het buitebande gebrand (Foto: Guillem Sartorio, AFP)

Die polisie sê hy is op hoë gereedheidsgrondslag en sal voortgaan om die situasie in Diepsloot noord van Johannesburg te monitor totdat wet en orde herstel is.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur na die onbevestigde aantal verdagtes wat betrokke was by die moord op die 44-jarige Elvis Nyathi, ʼn Zimbabwiër wat vroeër die week deur vigilantes vermoor is.

“Die polisie het Woensdagaand die gebied gepatrolleer toe hulle op die toneel afgekom het waar die verdagtes die oorledene aangeval en aan die brand gesteek het,” het kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, gesê.

Die groep verdagtes het glo voor die voorval van huis tot huis beweeg en beweer dat hulle na misdadigers soek en het glo op óf paspoorte óf geld aangedring. Die oorledene het glo uit sy huis gehardloop en die groep het hom agternagesit. ʼn Multidissiplinêre taakspan van speurders onder leiding van Mbuso Khumalo, adjunk provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing in Gauteng, ondersoek die moord op Nyathi.

Volgens Mathe het die bestuur van die SAPD sedertdien bykomende hulpbronne in die vorm van voertuie en beamptes gemobiliseer om pogings te versterk om die situasie in Diepsloot te stabiliseer na aanleiding van grootskaalse betogings wat vroeër die week in die gebied uitgebreek het oor hoë misdaadsyfers.

“In hierdie stadium kan die polisie ook bevestig dat daar volgens rekords van die Diepsloot-polisie slegs vyf moorde van Woensdag 30 Maart tot Sondag 3 April aangemeld is. Hierdie moorde het voortgespruit uit afsonderlike onverwante voorvalle en ondersoeke is steeds aan die gang om die verdagtes in hegtenis te neem. Dit is strydig met sewe moorde wat in die media berig is.”

Minister Bheki Cele het gemoedere in Diepsloot probeer kalmeer (Foto: Guillem Sartorio, AFP)

Genl. Fannie Masemola, nuwe nasionale polisiekommissaris, en genl. Bheki Cele, minister van polisie, het Diepsloot die afgelope twee dae besoek in reaksie op die Diepsloot-gemeenskap se klagtes oor misdaad in die gebied en die daaropvolgende betogings.

“Lede van die publiek word gewaarsku teen die aanhitsing van geweld en om reg in eie hande te neem. Die SAPD sal geen vorm van wetteloosheid duld nie.

“Die nasionale kommissaris doen ʼn beroep op gemeenskappe in en om Diepsloot om saam met lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te werk om die spoedige inhegtenisneming van kriminele en die vermindering van misdaad in die algemeen te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Marius ·

Miskien moet die waarkuwing teen aanhitsing en geweld ook aan julius gerig word.

ES ·

..”slegs 5 moorde…” – 1 moord is alreeds te veel… maar nou ja, hoe beheer jy ‘n gemeenskap wat niks kundigheid het nie en wat leiers het wat met misdaad wegkom?

Ek voel jammer vir die onskuldige mense wat hierdeur geraak word. Ons is almal in dieselfde boot.

Misky ·

Ek het dadelik dieselfde gedink….. nie 7 soos media berig nie, maar slegs 5 moorde. Asof dit nou beter klink.

E ·

Ek is amper seker die polisie het die ander 2 as selfdood gekwalifiseer (sien so het ons minder werk as mense selfdood pleeg, ons statistieke lyk ook sommer beter)

andre ·

Pleeg misdaad in hulle massas, terwyl hulle teen misdaad betoog. Hulle logika verstom my. Cele en sy polisie, sal geen misdaad duld nie, terwyl hulle staan en toekyk hoe misdaad gepleeg word en niemand word gearresteer nie, hulle bravade is verstommend.

marius ·

Die hool is onbeheersd en die regering totaal wanfunksioneel . Anargie het reeds die oorhand . Spring maar op jou hoed ou grote , niemand glo ‘n woord wat oor jul lippe kom nie .

Raadsman ·

Doodstraf in SA was nog nooit afgeskaf nie, informeel gaan dit voort – slegs wanneer ‘n boer vermoor word kom moordenaars weg.

Deon ·

Die geweld teen ONWETTIGE immigrante is besig om vinnig toe te neem. n Kookpot van groot meilikheid wat waarskynlik binnekort kan oorkook. Hierdie regering gaan nie in staat wees om dit te beheer nie. Daar is reeds miljoene onwettiges in die land. n Situasie duidelik totaal en al buite beheer. Duisende van hierdie onwettiges besmet die samelewing met misdaad van elke aard en teer op belastingbetalers van hierdie land. Soos met alles het die regering ook hier gevaal en moet die landsburgers vir die gemors betaal. Mens kan net wonder hoeveel skade die ANC nog gaan aanrig.

Nie Verbaas ·

Dit is nou n tipiese voorbeeld van die meerderheid se benadering tot n oplossing vir n probleem. Duidelike tekortkominge aan logika en integriteit en Cele blah blah blah.

Daniel ·

Maar Malema sê dan buitelanders van ander Afrikalande moet kom, hulle is mos almal “broers” van mekaar? Daar moenie eers grense wees nie.

domheks ·

ou cele! nou hoe nou, jy is vol bravade as jy die mense toespreek, nou wat is die beplanning nou? Die hele polisiemag net in Diepsloot? Vergeer maar die res van die land – daar is mos NIKS probleme nie!
Pasop vir ‘n 2de Julie 2021.

Philip ·

Na wat ek verneem is daar by die poliestasie in diepsloot n sweterjoel offisiere MAW baie chiefs en baie min indians en die meeste is dus op kantoor besig met n drom Kentucky Fried Chicken aan elk.

Keelvol ·

Nou hoe dan nou? Malema het dan nou onlangs gesê dat die res van afrika moet op enige wyse die land in kom.

Swerwer ·

Belaglik, wys maar net hoe belangrik die regte opvoeding in ‘n kind se lewe is asook die voorbeeld wat ouers stel. Tussen Malema en die ANC se kommunistiese leefwyses wat in die land geimplimenteer is deur hulself is daar mos nie ‘n kans dat hul wesens ordentlik soos beskaafde opgevoede westerse mense kan leef nie.

Pieter ·

Nee wat, laat hulle mekaar uitsorteer, baie meer effektief as die SAPS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.