Polisie ontplooi op TUT-kampusse

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Gewelddadige studente het Donderdagmiddag eksamens op die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) se hoofkampus in Pretoria-Wes ontwrig.

ʼn Sterk polisieteenwoordigheid het op die kampus geheers en motors is verbied om die kampus binne te gaan. Volgens ʼn veiligheidswag op die kampus het studente van TUT se Soshanguve-kampus vroeër op die hoofkampus opgedaag en met geweld eksamens ontwrig.

Die oproerige studente het ook een van die geboue probeer afbrand en personeel en ander studente met klippe bestook. “Die Soshanguve-studente het amok gemaak,” het die veiligheidswag gesê.

Daar kon vroeër Donderdagmiddag gesien word hoe personeel vinnig van die kampus af beweeg het terwyl polisiebeamptes op die kampus ontplooi is. TUT moes Woensdag eksamens op sy Soshanguve-kampus opskort toe oproerige studente en die polisie slaags geraak het. Die studente het twee geboue aan die brand gesteek en ander eiendom beskadig.

Die betogende studente van die Soshanguve-kampus dring daarop aan dat hul uitslae nie weerhou sal word indien hulle uitstaande klasgelde het nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Swanna ·

Daar moet nou nie gekla word deur hierdie studente nie. Hulle het ‘n ding begin en dit sal nie op hou voordat daar nie drasties op getree word nie. Soos die spreek woord se, jy het vir jou eie gat ‘n laat gepluk.

Genis ·

Ja dis ‘n hele blik wurms. Hoe kan universiteite studente verhoed om eksamen te skryf (wat hulle doen!) of uitslae weerhou as gelde uitstaande is? Dis mos nie reg nie. Nie almal het welvarende ouers op wie hulle kan staatmaak vir geld nie. Dan sit die studente nog met duisende rande studieskuld aan die regering want die meerderheid studeer met beurse. Die beursgeld word nie net aangewend vir klasgelde nie, maar ook vir basiese benodighede en verpligte studiemateriaal soos boeke. Die beurse is meestal ontoereikend. En daar sit hulle sonder vooruitsigte om hul studies volgende jaar voort te sit of ooit graad te kry en met ‘n hoop skuld. Want daar is gelde uitstaande. Dis mos nie reg nie.

Gerhardt ·

Jy lys ‘n paar baie goeie punte. Mens moet nooit ander mense in “catch 22” sit nie bv. betall of geen punte maar geen punte = geen werk=geen betaling.

MAAR

Kriminele gedrag kan nooit geduld word nie.

Carike ·

Sulke students moet net nie verder toegelaat word om verder te studeer nie. Hoekom amok maak en met klippe gooi omdat hul iewers wil kom in die lewe. Dis omdat alles deesdae op n skinkbord verniet kry. En die wat leer moet betaal dis net so onregverdig

GES ·

Hierdie beginsel het voor ’94 ook gegeld naamlik geen betaling – geen uitslae of was jy nie op universiteit nie?

Rudi ·

Dis wat gebeur as studente nie meer betaal nie. Dit raak soos Soweto waar niemand meer wil betaal nie. Dit is die enigste manier om mense te dwing om te betaal.

Karla ·

Breek af, as jy nie respek het vir ander se eiendom nie, sal jy nooit respek vi jou eie goed he nie, maar ja as jy alles verniet kry, kan jy niks opreg waardeer nie!

anita ·

Nou WONDER ek net, gaan van daai oproerige studente eendag DOKTERS, ONERWYSERS..en en word! Neeeee wat, educate julle eers vir die grootmenslewe! Soooo anc se vir jongkinders go to school, enjoy yourself don’t worry, when you are grownup, you will look after,, rdp housing, free water and lights, freestudying! But we need children ne, then you will receive crand from the government! BUT don’t worry if you unhappy burn down! Haaaaaa haaaaaaa! Its a trevor noah show! Haaaaaa haaaaa!

Des ·

Hoe dom. Ek dink dis omdat hulle weet hulle gaan nie deurkom, dat hulle nie wil eksamen skryf nie. Hoe dom? Hoe meer eiendom hulle beskadig, hoe minder geld is daar om vir hulle te subsideer.

HEVW ·

Kan die veiligheidsdiente en polisie nie misdaad – voorkomend optree en al die plundering voorkom nie. Is die stakings van geweld dan so digte geheim voor dit plaasvind? Of is die polisie nie so skerp nie?

SNEL ·

Skandelik verby! Hoe gaan students weer kan terugkeer as alles so afgebreek word.

GES ·

Ek dink nie dit is so simplisties nie as wat sommige kommentators wil voorgee. Dit is seker maar ‘n geval van onkunde of die beste stuurman is gewoonlik aan wal.

Die eise deur studente gestel is as volg:
1) Geen verhoginging van studiegelde
2) Alle agterstallige klasgelde moet afgeskryf word (mijoene Rand – Zuma sal dit nie eers kan uitspreek nie)
3) Dienswerkers moet permanent aangestel word (skoonmakers + sekuriteit)
4) Koshuise moet vyfster opgradering kry (maar dit word kort-kort geplunder)
5) Gratis busvervoer
6) Kos op kampus (gratis)

Wie gaan betaal hiervoor? Die staat se bydrae is onvoldoende. Die plek moet aan die gang gehou word en uitnemendheid word verwag.

Kyk mooi, as die studente hulle sin gaan kry, gaan die volgende gebeur. Die studente wat wel betaal het gaan ook hulle geld wil terug hê. So waar trek ons die streep?

Hierdie is ‘n bose kringloop. Die universiteit of opleidinginstansie is slegs ‘n diensverskaffer en beskik nie oor die vermoë om geld links en regs uit te deel nie. Dit is die funksie van die staat aangesien hulle toegang tot die staatskas het.

Genis ·

Ag nevermind hulle “kriminele dade” op kampus Gerhardt. Hou die broeinde revolusie dop. Julle gaan nog die universiteite, maatskappye en ander instellings verwens en vervloek wat bereidwillige studente en werkers die rug toegekeer het. As die hele land brand en daar nie kos op júlle tafels is nie, sal julle besef hoe gevaarlik mense met verydelde hoop en ‘n vooruitsiglose toekoms is. Dinge loop lelik skeef as iemand niks het om te verloor nie.

EM ·

Genis, die stelsel wat universiteite gebruik, van geen betaling geen punte, is nie ‘n ding wat gister uitgevind is nie. Dit werk al so van lank voor 1994 af en dit het niemand nog ooit gepla nie en ek voel dit is heel regverdig. My man is juis besig om verder te studeer en dit geld vir hom ook, as sy klasgelde nie betaal is nie, word daar nie punte uitgereik nie. Dis snaaks hoe almal vir jare en jare by die reël kon aanpas, maar nou wil die onaanpasbare gespuis net alles op n skinkbordjie voorsien word. As jy nie hou van die reëls nie, hoekom gaan studeer jy dan by die instansie? Dan ook, die beurse wat vandag tot studente se beskikking is, dek in meeste gevalle alle onkostes, wat koshuis inwooning met etes insluit. Hulle moet dalk nie hul beursgeldjies mors op duur “sound systems” en partytjies en drank nie, dan gaan hulle dalk genoeg geld oorhê om hul klasgelde te betaal. Studente word ook beloon vir hul harde werk, deur afslag op fooie ens., miskien moet hierdie studente dalk minder betrokke wees by die oproerige en krimenele gedrag en dalk meer agter die boeke sit, dan sal hulle dalk ook n afslaggie kry. Dan laastens, ek stem saam dat almal nie in die finansiële posisie is om naskool verder te studeer, uit pappa se sak nie, ek weet want ek self was in daardie posisie, maar daar is iets soos lenings by banke. Ek het self met n lening gaan studeer en ek het self, vir 5 jaar lank my studielening afbetaal uit my bitter klein salarissie uit. Anders nie, gaan werk ‘n paar jaar en spaar geld vir jou verdere studies. Die probleem is egter, hierdie studente wat so oproerig is en als verniet wil hê en als wil afbreuk, is die spul wat nie wil werk nie en nie bereid is om vir n paar jaar ongemaklik te lewe nie. Hulle lewe met dieselfde mentaliteit as Mnr. die president en sy ministers, wat duur huise, voertuie en vliegtuie wil hê asook groot salarisse met duur partytjies en die duurste drank wil drink. Dit alles wil hulle hê, maar hulle is nie bereid om te werk daarvoor, soos ons ander mense dit maar moet doen nie. Om soos ‘n barbaar tekere te gaan en geboue af te brand en ander mense met klippe te gooi, is verseker nie ‘n volwasse manier van probleem oplossing nie en niks wat enige iemand sê sal die studente se gedrag regverdig nie.

GES ·

EM – Baie goed gestel. Ek het ‘n skrander seun maar omdat hy wit is kon hy nie ‘n beurs kry nie. Ek moes maar self die geld (R350000) opdok en hy het die kursus in die minimum tyd voltooi sonder om 1 vak te druip. Sy eweknieë wat beurse gekry het, het baie nie eers klaar gemaak nie of is nog steeds besig. So waar kom die reverdigheid nou ter spake? Filantropie kan ‘n mens so verblind dat jy alle realiteit in die lewe verloor.

mariëtte ·

In 1993 en 1994 was daar so goed soos oorlog op die kampus van die Technikon in Vanderbijlpark. Wit studente met sambokke is toe in hegtenis geneem terwyl die ander met AK 47s op die wittes losgebrand het. Ek weet van twee van die destydse blanke studente wat vandag uiters suksesvol in Australië werk.
Dit lyk my alles herhaal homself, behalwe dat dit vandag net wyer uitkring.

broos ·

Die kampusse moet die oortreders doodeenvoudig laat toesluit, en op skuldig bevinding onmiddelike skors met geen verdere toelating na enige universiteit. Nee man, dit kan mos nie so aangaan nie, maar aan die ander kant nou weer….Zuma het hulle mooi geleer :(

DEE ·

Daar is mos nou woorde wat nie meer gebruik mag word nie. Jy gaan sommer reguit selle toe en al wat ek hier kan sien kom is dat daar een van die dae ook n verbod op die S (student) woord gaan kom, want daar is n groot stigma aan.

Anks ·

wat vir my meer hartseer is, is die feit dat as jy registreer by TUT (ek het daar geswot) dan laat weet hulle jou van die begin af dat jy nie jou uitslae sal kry as jou gelde nie betaal is nie. hoekom moet hulle altyd op die einde begin amok maak? en die mense wat actually wil eksamens skryf pla.

Anne ·

Hope skuld en minimum kans om werk te kry – maar onse regering moet nie kla nie – hulle het die voorbeeld gestel – en die ergste is hulle kan hulle eie mense nie beheer nie!

Genis ·

GES – Hoop jy het darem my antwoord aan jou kon lees voor dit in die Maroela snippermandjie beland het. JOHN – Jy gebruik nou presies dieselfde woorde van ‘n privaat hospitaalbestuurder toe ek eenmaal in ongevalle gevra het hoekom ‘n (wit) kind moet sit en bloei sonder hulp en hoekom ‘n vrou wat die rit waarskynlik nie gaan maak nie, uit die privaat hospitaal oorgeplaas moet word na ‘n staatshospitaal, na haar mediese fonds uitgeput was. Sy hét toe onderweg gesterf. Dis mos ook nie reg nie. Baie immoreel in die belang van kapitalisme. Soos om arm studente se uitslae te weerhou. Daarom kry kommunisme momentum, kry kommunistiese ideologie vastrapplek in die harte van die armes. So moenie vra “hoekom?” nie.

GES ·

Genis – Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek het waardering vir jou siening. Ek het ook nie ‘n probleem met gratis onderwys nie. Dit moet net beskikbaar wees vir almal en almal moet gelyke voordeel kry. Ons almal is bewus van die voor- en nadele van kapitalisme. Kommunisme klink soos hemel op aarde maar mense besef nie dat daar is almal gelyk maar sommige is meer gelyk. My persoonlike en oorwoë mening is, is dat die kern van die probleem bandeloosheid, wetteloosheid, minagting van gesag en geen disipline die hoof oorsaak is. Wat verwag jy van ons samelewing as ons deur die Robbeneiland old boys regeer word?

Theresa ·

Wanneer ‘n “student” so optree, is hy ‘n krimineel en misdadiger. Neem hul in hegtenis vir saakbeskadiging en basta. Laat die sot met ‘n kriminele rekord wegspring nog voor hy/sy op die verhoog klim vir ‘n diploma of graad. Absolute idiote. Mens skaam jou dood vir die affêres wat probeer afwys met sulke laakbare gedrag.

Theresa ·

Waarom nie my kommentaar plaas nie? Die een wat ek voor dié gestuur het.
Waar ek noem ‘n student wat so optree is ‘n krimineel ensovoorts?

Sune van Heerden ·

Dagsê Theresa

Dankie vir jou kommentaar.
Ons vra dat jy soms net bietjie geduldig sal wees om te kyk of jou kommentaar nie wel op Maroela verskyn nie. Soos ek reeds op 11 November onderaan die berig, “Gedeeltes van Gauteng sonder water” en op 26 Oktober onderaan die berig “Polisie vra hulp ná lyk in Hermanus gevind is” aan jou verduidelik het, beland kommentaar soms, weens ‘n outomatiese filtreerstelsel in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur of afgekeur moet word. Ons span is maar klein en dan neem dit soms ‘n wyle voordat ons deur hierdie kommentaar kon werk om dit goed te keur. Ek sien jou kommentaar is maar twee minute gelede gelewer, en dit is nou goedgekeur.

Onthou asseblief ook in die toekoms dat dieselfde moontlik gebeur het.
Dankie vir jou geduld en begrip in hierdie verband.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dup du Plessis ·

…..Tragiese Universiteit van Transformasie ….. en dis ongelukkig waarheen al die universiteite in SA ook oppad is……….net ‘n klein bietjie tyd…………onthou net dat die wat nie betaal nie op die ou end deur die betalende studente of belastingbetaler finansier/gesubsideer moet word……………. Wie is lus om dit te doen? armmoede sal daar altyd wees, dit kom al van die Bybel se tyd. Dis maar Afrika se ou storie van die pendelaar wat smoorkwaad is omdat die bus laat is wat gister deur homself en sy maters uitgebrand is……..

GES ·

…. dit is so waar….. ons soustrein “is going nowhere slowly”….

Ann ·

Die enigste oplossing is om stakings onwettig te maak. Dit sal nie gebeur nie, dis die enigste taal wat die regering verstaan en die enigste taal wat hierdie studente kan praat. Dis nou Zuma se land, dis hoekom dit so chaoties is, waar swak diens en onkunde sal bly regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.