Polisie ontplooi op TUT-kampusse

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Gewelddadige studente het Donderdagmiddag eksamens op die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) se hoofkampus in Pretoria-Wes ontwrig.

ʼn Sterk polisieteenwoordigheid het op die kampus geheers en motors is verbied om die kampus binne te gaan. Volgens ʼn veiligheidswag op die kampus het studente van TUT se Soshanguve-kampus vroeër op die hoofkampus opgedaag en met geweld eksamens ontwrig.

Die oproerige studente het ook een van die geboue probeer afbrand en personeel en ander studente met klippe bestook. “Die Soshanguve-studente het amok gemaak,” het die veiligheidswag gesê.

Daar kon vroeër Donderdagmiddag gesien word hoe personeel vinnig van die kampus af beweeg het terwyl polisiebeamptes op die kampus ontplooi is. TUT moes Woensdag eksamens op sy Soshanguve-kampus opskort toe oproerige studente en die polisie slaags geraak het. Die studente het twee geboue aan die brand gesteek en ander eiendom beskadig.

Die betogende studente van die Soshanguve-kampus dring daarop aan dat hul uitslae nie weerhou sal word indien hulle uitstaande klasgelde het nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swanna

Daar moet nou nie gekla word deur hierdie studente nie. Hulle het ‘n ding begin en dit sal nie op hou voordat daar nie drasties op getree word nie. Soos die spreek woord se, jy het vir jou eie gat ‘n laat gepluk.

Genis

Ja dis ‘n hele blik wurms. Hoe kan universiteite studente verhoed om eksamen te skryf (wat hulle doen!) of uitslae weerhou as gelde uitstaande is? Dis mos nie reg nie. Nie almal het welvarende ouers op wie hulle kan staatmaak vir geld nie. Dan sit die studente nog met duisende rande studieskuld aan die regering want die meerderheid studeer met beurse. Die beursgeld word nie net aangewend vir klasgelde nie, maar ook vir basiese benodighede en verpligte studiemateriaal soos boeke. Die beurse is meestal ontoereikend. En daar sit hulle sonder vooruitsigte om hul studies volgende jaar voort te sit of… Lees meer »

Karla

Breek af, as jy nie respek het vir ander se eiendom nie, sal jy nooit respek vi jou eie goed he nie, maar ja as jy alles verniet kry, kan jy niks opreg waardeer nie!

anita

Nou WONDER ek net, gaan van daai oproerige studente eendag DOKTERS, ONERWYSERS..en en word! Neeeee wat, educate julle eers vir die grootmenslewe! Soooo anc se vir jongkinders go to school, enjoy yourself don’t worry, when you are grownup, you will look after,, rdp housing, free water and lights, freestudying! But we need children ne, then you will receive crand from the government! BUT don’t worry if you unhappy burn down! Haaaaaa haaaaaaa! Its a trevor noah show! Haaaaaa haaaaa!

Des

Hoe dom. Ek dink dis omdat hulle weet hulle gaan nie deurkom, dat hulle nie wil eksamen skryf nie. Hoe dom? Hoe meer eiendom hulle beskadig, hoe minder geld is daar om vir hulle te subsideer.