Polisie ‘oorweldig’ deur Krugersdorp-chaos

Die polisie is in Krugersdorp om gemoedere te kalmeer. (Foto: SAPS/Facebook)

Terwyl polisiebeamptes in Krugersdorp spook om elke uithoek van dié dorp te beveilig, is ouers van hoër- en laerskoolleerders Donderdag gevra om hul kinders by die skool te kom haal.

Lt.genl. Tebello Mosikili, adjunk- nasionale polisiekommissaris, het Vrydagoggend aan eNCA gesê dat die polisie die skares in en om Kagiso probeer beheer het, maar “oorweldig is” deur die gebeure. Een persoon is dood nadat inwoners van Kagiso koppe gestamp het met onwettige myners en buitelanders in die gebied.

Dit volg ná ʼn bendeverkragting in Krugersdorp die afgelope naweek.

Die polisie kon wel daarin slaag om sowat 19 mense, wat glo onwettig in die land is, te red voordat die gemeenskap hulle ook leed sou aandoen.

“Beamptes was in sommige dele doenig toe lede van die gemeenskap na ander dele opgeruk het. Ons het ʼn aantal mense wat deur gemeenskapslede omsingel was, aangetref en gered. Hulle leef en hul inligting word tans verwerk,” het sy gesê.

Te midde hiervan het daar glo ook skote naby die Hoërskool Bastion in Witpoortjie geklap.

Die skool, wat enkele kilometers van Kagiso geleë is, het ouers noodgedwonge laat weet dat daar ʼn “veiligheidsituasie” by die skool is, maar “geen rede tot paniek” nie.

Luidens ʼn boodskap wat die skool aan ouers gestuur het, is ʼn veiligheidsmaatskappy en die polisie kort voor 12:00 na die skool ontbied om die terrein te beveilig.

Die leerders, wat almal in die skoolsaal byeengekom het, is glo een vir een na die skoolhek en hul ouers se motors begelei.

Leerders aan die Laerskool Dr. Havinga is glo ook vinnig beveilig en die skoolgebou ontruim weens die onluste wat om die skool gewoed het.

ʼn Besorgde ouer het Vrydagoggend op Facebook haar misnoeë oor die gebeure wat hiertoe gelei het, uitgespreek.

“Die uiters swak gedrag van die onwettige myners het veroorsaak dat ouers [en leerders] van die Hoërskool Bastion en die Laerskool Dr. Havinga in ʼn oomblik van algehele skok vasgevang was,” lui die plasing.

“Jou kind laat weet jou uit die bloute dat hy huis toe moet gaan, hy sit in die saal en daar was skote.”

Dié ouer sê sy het haar yskoud geskrik, maar is dankbaar vir die skole se spoedige optrede.

“Die situasie is vinnig onder beheer gekry en die kinders is almal veilig by hul huise.”

Nog ʼn ouer van die Laerskool Dr. Havinga het ook die betrokke veiligheidsmaatskappy bedank wat “hulself in gevaar gestel het om ons en ons kinders veilig te hou”.

Die oproer in Krugersdorp het teen Vrydag skynbaar nog nie heeltemal bedaar nie. Die polisie bly op die toneel in ʼn poging om gemoedere in die dorp te kalmeer. Video’s op sosiale media wys ʼn swaar polisieteenwoordigheid in die dorp.

Dit is nie duidelik of die skole teen Vrydag onderrig hervat het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Suzette ·

Die polisie in die hele SA is oorweldig en dit is omdat die regering toegelaat het dat die misdaad in die land onbeheerbare afmetings aangeneem het. En dan praat ons nie eens van die onbevoegdheid van die kaders wat in beheer is van die SAP nie.

Aletta ·

Ek verstaan dit nie en nog niemand kan dit vir my verduidelik hkm die optrede want vir wie is hulle eintlik kwaad. Hkm hulle ook nou onskuldige mense se lewens in gevaarstel en alles verwoes wat voorkom. Hulle almal weet waar die mense myn en woon. Los die dorpe uit en gaan verwoes daar waar die kwaad doeners bly ????

Kokerboom ·

Die SAP is in chaos. Beplanning en gebeurlikheidsplanne bestaan nie. Die een bevelvoeder is so onbevoeg soos die ander. Ons moet erg bekommerd wees! Wat as ‘n nasionale anargie uitbreek?
Die kaders KAN NIE bestuur!!!

Jack ·

So gaan dit.Ek kan nog onthou hoe ons opgelei was om stedelike geweld te hanteer.Dit was voor 94.Ons was gereed en kon enige situasie hanteer.Om soldate gereed te kry moes daar hard en gereeld simulasies gedoen word.Nou..wat ‘n skande.Die skares jaag die polisie rond.

hpven ·

Jack, jy is so reg! Ons vas deeglik opgelei, 24/7 gereed en kon binne minute ontplooi om enige situasie te ontlont…

Pierre ·

Mense is g@tvol vir die krimenele elemente in die land, die gaan al meer en meer gebeur omrede SAPS nie in staat is om veilighied te verseker nie

007 ·

Ja hulle is, maar die ANC is die grootste oorsaak van alles. Regstellende aksie oral het ons wetstoepassers tot ‘n laagtepunt laat daal.

marius ·

Hoed en sy pionne is van slap pap aanmekaar gesit . Die howe nog meer . Dit is die waarheid .

Marius ·

Dit is hoe dit gaan as mense net geweld ken om sake op te los en te hanteer.
SAPS het nie genoegsame opleiding om enige stiuasie onder beheer te bring nie , want hulle “MONITOR” net die situasies.

annie ·

Deesdae daag die betogers die polisie uit om iets drasties te doen en met kameras orals naby word toneelspel van die grootste pyn en lyding gelewer wat selfs mamma-se-enigste-kind Zollyy jaloers sal maak. En dan word groot geld geëis sommer so sonder om koring te hoef af te lewer via Turkye. Afrika ken van act. Die polisie weet dit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Net nou was daar ‘n insetsel oor RSG rondom die gebeure in Kagiso. Een inwoner vertel dat die polisie beweeg rond en ontvang geld van die zama zamas. Dit gebeur al lank sê hulle op SAfm.

Groen-oog ·

En daai vrou gaan skielik wegraak of dood gemaak word voor die lede uitgewys kan word.

Waarnemer ·

Bietjie laat vir die polisie om nou wakker te skrik en nou beskerm hulle die zama zamas….ek steun die gemeenskap se optrede.

Willie ·

Elke lid van die SA Polisie was ten volle opgelei in onluste en skarebeheer, selfs die admin lede. Daar was ook gereëld opknapping kursusse gehou. Protesaksies soos ons deesdae daagliks sien, was sommer op plaaslike stasievlak uitsorteer. Met groter optogte, sou ‘n paar buur stasies saamwerk. Dit moes bitter rof geraak het voor die Onluste Eenhede ontplooi is. Vir die onlusmakers was dit destyds deur die bank ‘n nare, pynlike ervaring wat hulle nie gou weer sou wou herhaal nie.

Harley Davidson ·

Die nagevolge van ‘n polisie diens wat nie hulle werk doen nie en dan verbaas is as anargie uitbreek en burgers reg in eie hande neem.

TO ·

Oh my word, oorweldig, wat is nuut. Bangbroeke is beter gestel

Republikein in die Wes Kaap ·

Gee die SAPS skerppunt ammo, dan gesels ons weer.

domheks ·

Wonder wat gaan gebeur as hulle die hele parlement met insittendes bestorm? CR sal moet wakker skrik, almal weet nou jy het baie geld hulle sal dalk by jou kom kos soek! Dan wil ek sien watse beskerming het jy/julle.

007 ·

Dis alles die ANC se skuld. Daar is nie gresbeheer vir die lot nie. Net vir my wat met my paspoort iewers heen wil gaan. Wettig. Misdaad is gelos deur die owerhede om heeltemal hand uit te ruk. Nou pluk ons die vrugte daarvan.

Nettie ·

Die polisie wou nooit die zama zama’s arresteer nie, nou was hulle geforseer om hulle te red. Gaan hulle hulle NOU arresteer en deporteer soos dit hoort? Terwyl hulle hulle het?

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis ‘n multimiljard rand besigheid. Amal cash in.

Sonja ·

Pleks gaan hulle na die Myners en jaag hulle landuit. Praat van die Zama Zama’s hoog tyd dat hulle landuit.

Tanniepetoors ·

Gister was daar geen, maar geen teken van enige polisieteenwoordigheid in die area behalwe blykbaar by die ingange na die area. Die inwoners het die kriminele zama-zamas kaalgat rondgejaag. Ek het ongelukkig nie die uiteinde van die spulletjie gesien nie. Volgens my geregverdig. Nou wil die SAPD die zama-zamas beskerm? Waar was die SAPD toe die vroue verkrag is en inwoners beroof is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.