Polisie op 3 verdagtes se spoor ná moord op akteur

Sibusiso Khwinana.

Die polisie het drie verdagtes geïdentifiseer in verband met die moord op die jong akteur Sibusiso Khwinana.

David Makhura, premier van Gauteng, en Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Donderdag Khwinana se gesin by hul huis in Soshanguve, noord van Pretoria, besoek.

Makhura het aan die gesin gesê die polisie is tans op die spoor van die drie verdagtes. Hy het die moord as sinneloos bestempel en veroordeel en ʼn beroep op die polisie gedoen om hard te werk om seker te maak die moordenaars ry aan die pen.

“Ek weet die polisie werk onverpoos en ek wil nie druk op hulle plaas nie want ek wil nie hê hulle moet ʼn saak voor die hof bring wat nie kan staan nie,” het lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

ʼn Roudiens word Donderdag vir Khwinana in Soshanguve gehou.

Khwinana, wat die hoofrol in die plaaslike rolprent Matwetwe speel, is Vrydagaand in Pretoria vermoor. Volgens die polisie is die 25-jarige Khwinana tydens ʼn rooftog by ʼn rolprentkompleks in Arcadia doodgesteek terwyl die verdagtes glo probeer het om sy selfoon by hom af te neem.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het Saterdag sy medelye op Twitter uitgespreek. “Ons is verpletter om te verneem van die tragiese en ontydige afsterwe van die gewilde akteur en trots van Soshanguve, Sibusiso Khwinana. Hy was ook ʼn stigterslid van die Independent Theatre Makers Movement,” het die minister getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

lanie ·

Weereens n sinnelose moord. Jong akteur sterkte aan jou familie.

Essie ·

Wanneer hul gevang word sal net die doodstraf genoeg berusting bring.

Karl ·

Almal wat so aangaan oor die doodstraf, gaan dink bietjie 2keer, so die manne wat gevonnis is met die sonneblom dief saak, sou gehang moes word? Alhoewel die getuie herken het hy lieg? Wat van Christof Becker en Oscar, hul sou ook moes doodstraf kry. Gaan dink bietjie twee keer.

willem Botha ·

Vriende ,die “polisie ” moet hulle eers vang en aanhou en wat is die kanse dat die geniuse dit kan regkry trio taakmag en al???

Nettie ·

@Karl -daar’s hy!!!!!!!!!!! Uiteindelik een wat bietjie “common sense” toon.

Met die huidige bestel; wie de duiwel het genoeg vertroue in ‘n regstelsel wat DUIDELIK ‘n stel reëls het vir nie-blankes en ‘n totale ander stel reëls het vir blankes??? Twee blanke mans, wat ‘n nie-blanke in ‘n doodskis geprop het, kry o.m. 14 en 11 jaar. In ‘n ander geval, word ‘n blanke ou wat ‘n mielie-dief vir ‘n vlakvark aangesien en per ongeluk doodgeskiet het, word van moord aangekla en skuldig bevind; die Coligny-mans word skuldig bevind en o.m. 23 en 18 jaar tronkstraf opgelê nadat ‘n sonneblomdief van die bakkie afgespring het en hom doodgeval het.

Maar talle, TALLE, moorde en wrede aanvalle op blanke plaasboere word net nooit eenvoudig opgelos deurdat beskuldigdes aangekeer word, verhoor en skuldig bevind word nie?

EN JULLE SKREE ALMAL “DOODSTRAF, DOODSTRAF, DOODSTRAF”???

Arnót ·

Stem Karl en Nettie. Mense dink nie, dis soos die eie tuisland vir afrikaners.

Kraai Hartzenberg ·

Ek stem saam met Nettie. Ons moet vervlaks net aanvaar dat plaasmoorde en wittes vermoor word , maar wat doen ons daaroor? Ons moet ook soos die ander n helse scene maak voor TV kameras en sê “genoeg is genoeg” anders vat ons die wet in ons eie hande…………. what comes, around, goes around.

AH ·

Enigiemand wat vermoor of verkrag behoort doodstraf te kry, ongeag van kleur of agtergrond. Myns insiens gee jy al jou regte op wanneer jy iemand se lewe koelbloedig neem…..of vernietig met verkragting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.