Polisie op hoë gereedheid indien Grace Mugabe land sou verlaat

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens monitor Grace Mugabe, vrou van die Zimbabwiese president Robert Mugabe, wat daarvan beskuldig word dat sy twee jong vroue in Johannesburg aangerand het, om seker te maak dat sy nie die land verlaat nie, het polisieminister Fikile Mbalula Donderdag gesê.

Hy het gesê daar is “geen manier” wat pres. Mugabe se vrou Suid-Afrika sal kan verlaat voordat die saak nie opgelos is nie.

“Ons gee aandag aan die saak en ons het gesprekke met almal wat betrokke is in die saak van die verdagte [Grace Mugabe] wat veronderstel was om in die hof te verskyn, maar dit nie gedoen het nie. In hierdie betrokke voorval het ons reeds inligting aan die grens deurgegee indien sy die land sou verlaat,” het Mbalula aan verslaggewers in Pretoria gesê.

“Sy is nie iemand wat weghardloop van dit wat sy gesê het nie. Sy het haar eie weergawe van die gebeure gegee. Die ondersoekbeamptes wat die saak het moet nou met haar in gesprek tree.”

Mbalula het gesê die saak van verskil van enigiemand anders, omdat sy reeds diplomatieke immuniteit bepleit het. “As dit iemand anders was, dan sou ons lankal iets gedoen het,” het hy verduidelik.

Hy het die polisie geloof dat hulle in beheer is van die saak sedert die aanrandingsbewerings aan die lig gekom het.

“My werk as minister is om seker te maak dat ons burgers beskerm word, sonder guns of voordeel, en ek moet seker maak dit is wat die polisie doen. Maar net so kan ek nie toelaat dat hulle ʼn gemors maak van iets nie. Enigiemand wat na Suid-Afrika kom moet weet ons is ʼn grondwetlike staat. Iets sal nie net gelos word nie.”

Hy het gesê die kwessie oor haar diplomatieke immuniteit word tans ondersoek voordat die polisie kan reageer.

Die 20-jarige model Gabriella Engels het Grace Mugabe daarvan beskuldig dat sy haar aangerand het toe sy Mugabe se seun in ʼn kamer in ʼn luukse hotel in Johannesburg besoek het. Die vrou voer aan Mugabe se lyfwagte het gestaan en toekyk toe sy aangerand is.

Sy het verskeie foto’s op sosiale media gepubliseer van haar beweerde beserings.

Lees alle vorige berigte oor Grace Mugabe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Protes ·

Waar is die prosedures nou hierdie is n bewys dat die polisie dubbel standaarde het die vrou moet gearresteer word en behandel word soos krimineel wat sy blyk te wees Mbalula gaan na hierdie voorval of n held wees of die grootste grap in SA

Vryheid ·

Mbalula ek hoop nie die een byt jou in die jy weet wat nie. Hou op om ons te paai -Daar is kragte buite jou beheer wat in die land heers.

Korrigeer ·

In die berig word verwys na 2 jong vroue wat aangerand is en later word slegs die Engels meisie genoem. Is dit n drukfout of was daar n tweede dame betrokke?

Sune van Heerden ·

Dagsê Korrigeer

Daar was wel twee vroue in die hotelkamer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Renier ·

Sal interessant wees om te sien wat hier uitbroei. Wag in spanning.

Moeg vir SA ·

Wel sy moes in die hof verskyn het wat sy nie gedoen het nie.Is dit nie minagting van die hof nie,en sy moes al gearesteer gewees het,hoekom nie.Hul gaan haar laat gaan,sy sal niks oorkom nie.

Wat? ·

Ja op hoe gereedheid om nog n krimineel veilig uit die land te vergesel…

M ·

Die feit dat Mugabe nog nie in hegtenis geneem is nie, se alles…. Indien dit n gewone persoon op straat was, het jy lankal in die tjoekie gesit…

Rupert Ashford ·

Polisie miskien maar die ANC sal plan maak om haar uit te kry.

KarenG ·

Hi daar, in vorige berigte is genoem dat Mej Engels 20 jaar oud is. In die artikel word genoem sy is 28 jaar oud?

Dalene de Vente ·

Dagsê Karen

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Bantam ·

Wat help dit om hier gal te braak , die mense lees nie afrikaanse koerante nie .

kapokkie ·

maar hulle is bewys van alles wat in Afrikaans gesê word. is die polisie bang vir haar lyfwagte dat hulle haar nie arresteer nie? hulle sê net sy is nog in SA.

Zumie ·

“Polisie op hoe gereedheid indien Grace Mugabe die land verlaat” Ek neem nou aan hulle is gereeed om vir haar die deur oop te maak en haar tasse te help deurdra…

Callie ·

Geen manier wat sy nie diplomatieke immuniteit gaan kry nie. Tweede opsie, Mugabe het sy hele land se geld, so dame, vat 5 of 6 miljoen. Jy gaan niks kry as jy dit nie doen nie

Eish ·

Sê nou net.

Sê nou net sy kry immuniteit,
dan verloor die saak sy byt.
Sê nou net die kroos,
is net so boos.

Sê nou nou net hul verklaar,
die twee dames het baljaar.
Sê nou net die wagte,
span in al hul kragte.

Sê nou net almal verklaar,
die dames lieg, sowaar,
Sê nou net hul is te veel,
wat die spel oneties speel.

Sê nou net koord met met die prop,
is in die asblik gestop.
Sê nou net Zim se baas,
laat ons alger verbaas.

Sê nou net die beginsels van ons reg,
raak skielik weg.
Sê nou net
die ding is n set.

Sê nou net Grace,
betaal n paar miljoen as prys.
Sê nou net die skade,
is nie die tante se dade.

Sê nou net die gestorte bloed,
en die slagoffer se moed,
saam met Gerrie se hulp,
herstel die brose skulp.

Jordaan ·

Nou kan almal gerus wees, die SAPS is gereed! Kom ons kyk as Zuma vir Fikile opdrag gee om haar te laat vlieg van Waterkloof watter polisieman het die waagmoed om haar te arresteer.

Griet ·

Grace (hoe op kan sy so ‘n edele naam hê?), gaan doodeenvoudig saam met oorledood in hulle flymasjien klim op Waterkloof en terugvlieg Zim toe – so maklik soos dit! En die geliefde Minister van Polisie sal weer sit en ‘n verskoning hiervoor uitdink!

Francois le Cochon ·

Gabriella, vat die geld en gaan aan met jou lewe. Hierdie saak gaan maande, of selfs jare neem, en daar sal niks van kom nie. Hierdie saak is meer kompleks as wat dit blyk te wees. Die saak en die media blootstelling gaan jou vernietig.

Geregtigheid ·

So as sy skot vry daarvan gaan afkom dan gaan haar seuntjies daaronder lei. Laat mob justice hulle uitsort. Waar was hulle toe hul ma gabriella bygedam het, ook seker net gesit en kyk.

E ·

Daar is ń nuwe immunity injection beskikbaar. Ongelukkig net vir sekeres.

cc ·

Mbalula moet versigtig wees want Grace kan hom ook bykom met die extension cord

alida ·

Hulle onderskat regtig mens se inteligensie. Ek kan my kop op ‘n blok sit sy is nog dieselfde aand terug Harare toe !!!!

Frik ·

Regtig!? Dink jy noe regtig zuma sal toelaat dat sy buddy in ZIM, sy mentoor, sal toelaat dat die koei hier bly en vervolg word. Wat ‘n grap. Die joernalis moet wakker word, wake up call, ons is in SUID AFRIKA, land van vrot en korrupsie, baantjies vir boeties en so voorts!

lynni ·

Nowadays there are spirits attacking our children. The spirit of drinking, drug abuse and doing other abnormal things way beyond their age,” Grace said, indicating she could be on the verge of a breakdown.
Zimbabwe media sê sy het misdaad in SA kom bekamp.
Sjoe, plaas sy begin by plaasaanvalle.

Daniel ·

Daar sal niks van kom nie. Zuma en Mogabe is baie goeie vriende. Daar sal iets opduik dat sy amptelik hier was en dus diplomatieke immuniteit geniet. Zuma se private vliegtuig sal haar terug neem na Zimbabwe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.