Polisie op snelweg oorrompel, geskiet

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee polisiebeamptes is Maandag in die vroegoggendure op die N4-snelweg in Gauteng oorrompel en geskiet. Een van dié beamptes is in die voorval dood, terwyl die ander een gewond is.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het twee konstabels van die Boschkop-polisiestasie teen 01:00 ʼn wit Volkswagen Polo sonder nommerplate op die N4-snelweg naby die Solomon Mahlangu oprit, opgemerk.

Die beamptes het die bestuurder van die motor beveel om af te trek en die motor te voet genader. Twee mans het uit die Polo geklim en ʼn bakleiery het tussen die verdagtes en die polisie ontstaan.

Albei beamptes is geskiet en hul vuurwapens is afgeneem.

Een van die beamptes is op die toneel dood verklaar en die ander een is met ʼn skietwond aan sy been na die hospitaal geneem.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het intussen ʼn beroep op Gautengse polisie gedoen om die verdagtes wat verantwoordelik is hiervoor, vas te trek.

Die 72-uur aktiveringsplan is ook ná die voorval deur lt.genl. Elias Mawela, provinsiale kommissaris van Gauteng, in werking gestel.

“Ons doen ook ʼn beroep op die publiek om met enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes sal lei, na vore te kom.”

Dié voorval volg kort nadat die Gautengse verkeerspolisie ʼn waarskuwing aan motoriste uitgereik het oor ysterpenne wat op openbare paaie geplaas word.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het gesê dat die N4 tussen die Solomon Mahlangu- en die Watermeyer-afrit veral geteiken word en dat motoriste waaksaam moet wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Adam Adriaan ·

En nou wil die ANC ook my reg om ‘n wapen te dra vir selfverdediging weg neem. Daar is iets ernstig fout met die ANC spul. Erns skort daar iets in hulle redenasie vermoë.Of hulle het geen darvan.

Persheks Adri ·

Geen redenasie vermoë nie mater dis net om ons die hel in te maak! Ek weier dis myne nie hoed s’n nie hy kan buite gaan speel vir wat ek omgee gggmmmfff

Persheks Adri ·

En daar word hulle wapens gevat, maar hulle wil ons ontwapen tsek!

Misky ·

Ons polisie is nie eens meer opgewasse/opgelei teen die kriminele nie en word oorrompel en wapens afgevat. Maar ons moet nou ons wapens oorhandig en dan wat? Nie in hierdie wilde weste nie, jammer. Inteendeel, ons het meer wapens nodig en swaar tye wat voorlê vermoed ek

Kobus ·

Nou kom die regeering en hulle wil my handwapen weg vat daar is nie n manier dat dit gaan gebeur nie

Ovelia ·

Gee di polisie die mag om op so n gebeutenis los te brand. Almal weet nou al dat daar sulke dreg op daai paai is. Hoekom kan di polisie nie hulself eerste verdedig ni. Cele sien jy waar die probleem le nou is daar nog 2 gewere in rampotkers se hande. Wasr val jy in om dan nog te se stop alle lisensies vir selfverdediging

Anel ·

Net wat ek ook wou sê. Maar hoek kon die polisie die mense toelaat om so naby hulle te kom? Hulle opleiding laat veel te wense. Daar is mos arrestasie prosedures. Jammer vir die een wat dood is. Sy dood is op die hoedman!

Wielspore ·

Nou dat ‘n lid van die SAP doodgeskiet is, is daar ‘n 72 uur plan!
Hoeveel padgebruikers is al voor die aangeleentheid beroof en geskiet op dieselfde pad?

Pieter ·

Albei beamptes is geskiet en hul vuurwapens is afgeneem.

Gaan die ANC nou ook die polisie se vuurwapens verban? Duidelik word hulle vir hul wapens geteiken en sal net toeneem. Verkeerde oplossing vir die probleem. Begin by kriminele ANC self om die probleem aan te spreek.

ES ·

Maar intussen wil Hoed ons reg om onsself te beskerm wegvat deur die vuurwapen wet te wysig sodat ons nie vuurwapens vir selfverdediging kan lisensieer nie?

Nou laat ons nou sy kommentaar hoor!

Genis ·

Nou gaan hulle eers probeer om die wapenwet te hersien…om die Polise sonder wapens te ontplooi… Want as die polisie dan beroof word , het hulle geen…

Hennie ·

En die government wil nie hê ons moet onsself verdedig nie… Wat ‘n klomp patete!

Werner ·

Wel as die polisie nie eers na hulself kan kyk nie hoe moet hulle ons nog oppas.Jammer maar julle sal nie my wapens kry nie.

Sambok ·

Dis die enigste maklike plek om vuurwapens te bekom noudat ons nie meer vuurwapens mag he nie

MAGRIETHA ·

Die ouens wou net hul werk doen en wie sit nou met onwettige wapens Dis tyd dat SA n goed opgeleide minister van polisie kry wat alle afdelings in die mag verstaan

Vettiemaragartos ·

Ek ry daagliks op daardie pad. Dit raak net gevaarliker. Nou wil hoedman nog ons vuurwapens ook vat. Die goed wat hy rook is duidelik van topgehalte. As die polisie hulself nie eens teen misdadigers kan beskerm nie, watse kans staan ons as die publiek. Dit word nie verniet Gangsters Paradise genoem nie.

Baie sterkte aan die families van die 2 polisiemanne.

Sarel ·

Induen die Polisie eerste geskiet het was hulle aangekla van moord.
Ek is gewoond in so geval bly een altyd op die agtergrond.
Dan kan die tweede persoon pptree wanneer nodig maar kom weer neer op swak.opleiding.
Jy kan nie anders as om simpatie te toon vir die wat agterbly nie. Iemand sal seker weer die families besoek.maar bietjie laat.

twaalfboor ·

36 jaar in die polisie en ek vertrou nie die helfde van my kollegas nie.

Persheks Adri ·

Kan net dink hoe jy moet voel en veral om hoed in beheer te hê nie dat hy eintlik iets beheer nie… Sterkte twaalfboor en wees jy maar net veilig! Dis sleg om tussen die nuwe lot te werk

Surfer ·

My wapens wegvat omdat die treurige spul nie hulself of ons kan beskerm nie, maar die polisie se wapens word af gevat. Sterkte ou Hoedkop, kom haal myne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.