Polisie op soek na bedrieër in Rustenburg

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Rustenburg, Noordwes, is op soek na ʼn man genaamd mnr. Moropa wat ʼn paar mense in Rustenburg en omgewing bedrieg het onder die voorwendsel dat hy vir hulle werk het by myne in die omgewing.

“ʼn Aantal van sy slagoffers het ʼn klag by die polisie in Rustenburg aanhangig gemaak,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Sy slagoffers het glo kontant tussen R1 100 en R1 500 in sy rekening inbetaal nadat hy hulle werk belowe het.”

Die polisie waarsku lede van die gemeenskap om nie vir werk te betaal waaroor hulle nie seker is nie. Persone wat slagoffers was van mnr. Moropa word versoek om kapt. Patrick Murunwa op 082 772 5991 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois ·

Is dit net ek ..of dit nou meer prominent dat swartes die mense so bedrieg?. Of was dit altyd daar?

Winston ·

Dit was maar altyd daar. Hoe minder die regstelsel jou bedreig, hoe meer jou kans op sukses om weg te kom met hierdie tipe skemas. En liggelowige inwoners word maklik gevang met slenters soos hierdie.

Dave ·

Ja Winston, liggelowig, desperaat en naief. Alles eienskappe wat ‘n rol speel.

CHRISTA ·

Het hulle nie geweet nie: HULLE MOET BETAAL WORD VIR WERK, nie andersom nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.