
Argieffoto
Die polisie in Rustenburg, Noordwes, is op soek na ʼn man genaamd mnr. Moropa wat ʼn paar mense in Rustenburg en omgewing bedrieg het onder die voorwendsel dat hy vir hulle werk het by myne in die omgewing.
“ʼn Aantal van sy slagoffers het ʼn klag by die polisie in Rustenburg aanhangig gemaak,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Sy slagoffers het glo kontant tussen R1 100 en R1 500 in sy rekening inbetaal nadat hy hulle werk belowe het.”
Die polisie waarsku lede van die gemeenskap om nie vir werk te betaal waaroor hulle nie seker is nie. Persone wat slagoffers was van mnr. Moropa word versoek om kapt. Patrick Murunwa op 082 772 5991 te skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Is dit net ek ..of dit nou meer prominent dat swartes die mense so bedrieg?. Of was dit altyd daar?
Ja Winston, liggelowig, desperaat en naief. Alles eienskappe wat ‘n rol speel.
Het hulle nie geweet nie: HULLE MOET BETAAL WORD VIR WERK, nie andersom nie!!!