Polisie op soek na díé man oor diefstal in Pretoria

Kirwin Cowen Arendse. Foto: SAPD

Kirwin Cowen Arendse. Foto: SAPD

Die polisie in Pretoria het ʼn foto vrygestel van ʼn man wat gesoek word nadat hy glo ʼn skootrekenaar uit ʼn motor in Menlopark gesteel het.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, Kirwin Cowen Arendse (40), is in 2014 in hegtenis geneem nadat ʼn gesteelde skootrekenaar in sy besit gevind is.

“Polisiebeamptes was op 19 September 2014 op patrollie toe hulle ʼn verdagte voertuig sien wegjaag het van die Laerskool Menlopark af,” het Weilbach gesê. “’n Jaagtog het gevolg en die motor het in Hazelwood teen ʼn ander motor gebots. ʼn Skootrekenaar wat as gesteel aangemeld is, is in die verdagte se motor gevind. Arendse en nog ʼn verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.”

Volgens Weilbach het Arendse in Februarie in die Pretoria-landdroshof verskyn en hy is op borgtog vrygelaat. Hy het nie vir sy volgende hofverskyning opgedaag nie en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik.

“Die Brooklyn polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om hulle te help met inligting oor waar Arendse hom bevind,” het Weilbach gesê. Enige persoon met meer inligting kan ao. Garry Morwamoche skakel by (012) 076 904 4007 of 072 995 8092 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J.Z ·

Vir n rekenaar word baie gedoen ,maar mense wat vir plaasmoorde iets wil tuisbring en die erens van die saak wil beklemtoon,word rond geruk soos tweedehangse burgers behandel,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.