Polisie op soek na gevaarlike waaghals

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie in Swaziland is op soek na ʼn man, oorspronklik glo van Manzini in Swaziland, wat homself nou glo in Suid-Afrika bevind.

Die man, Shafee Vino, is ʼn waaghals (“stuntman”), wat deur die polisie gesoek word aangesien hy nie net sy eie lewe potensieel kan beëindig nie, maar ook die lewens van motoriste in gevaar stel.

Die Swazi Observer het Dinsdagoggend berig die man het sover twee waaghalsige toertjies gedoen wat die potensiaal gehad het om lelike padongelukke te veroorsaak en talle lewens te eis.

In een van die toertjies het hy bo-oor ʼn motor gespring wat volspoed gery het en dan op sy voete geland sonder om deur die motor getref te word.

In ʼn ander video kan gesien word hoe hy reg voor ʼn bus wat teen volspoed ry inhardloop, op die pad gaan lê terwyl die bus vir hom toeter druk en die bus dan bo-oor hom ry. Hy is nie beseer nie en staan na die voorval weer op. Voordat hy voor die bus inhardloop sê hy aan die kamera: “You got to pay the cost to be the boss.”

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie voer aan die bestuurder van die bus was baie bang dat die toertjie anders kon uitdraai en die waaghals of die passasiers dalk seer kon kry.

Toe die Swazi Observer die man, wat glo voorheen vir die Hub Sundowns-klub sokker gespeel het, kontak, het hy aan hulle gesê hy doen die toertjies om ʼn nuwe handelsnaam saam met wie hy in Manzini werk te bemark.

Vino beweer in teenstelling met die berigte dat die video’s in ʼn beheerde omgewing verfilm word en dat daar geen risiko vir hom of die bestuurders is nie. Hy sê as die toertjies verby is word die video’s geneem vir redigering by die maatskappy waarvoor hy werk.

Die polisie het egter gesê hulle is nie beïndruk nie en het ʼn sterk waarskuwing uitgereik aangesien hulle voel sy gedrag kan moontlik deur kinders nageaap word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Oom Kalahari ·

Los hom, hy is ‘n sport entrepeneur en ‘n nuwe sport soort vir hul.

Reguit ·

Een van die dae behaal hy dalk sukses om homself as ‘n handelsnaam vir ‘mince meat’ te bemark – verál op die spoorlyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.