Polisie op soek na ‘gruwelhuis-egpaar’

Chantel Deminey. Foto: Verskaf deur SAPD

ʼn Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van die egpaar van die sogenaamde Bloemspruit-gruwelhuis buite Bloemfontein in die Vrystaat.

Dit kom nadat Chantel (37) en John Deminey (45) nie in April opgedaag het vir hul verhoor by die hooggeregshof in Bloemfontein nie. Die egpaar het aanvanklik al die hofsittings van die verhoor bygewoon, maar op 23 April was hulle nêrens te vind nie. ʼn Lasbrief vir hul inhegtenisneming is toe uitgereik.

Die polisie het in Mei 2015 inligting ontvang dat twee kinders by ʼn kleinhoewe in Bloemspruit mishandel word. Die Deminey-egpaar is kort daarna in hegtenis geneem.

Volgens polisierekords het die egpaar ʼn 11-jarige meisie gedwing om met ouer mans seksuele omgang te hê waarvoor hulle dan betaal is. ʼn Negejarige seun is fisiek aangerand en is glo ook seksueel misbruik. Daar word beweer dat die kinders ook onder meer met sigarette gebrand is.

Die egpaar staan tereg op 13 aanklagte.

John Deminey. Foto: Verskaf deur SAPD

Ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hoewel die name van beskuldigdes wat van seksuele misdade teen minderjariges verdink word meestal nie bekendgemaak word nie om die identiteit van die kinders te beskerm, bestaan daar in hierdie geval buitengewone omstandighede.

“Ons het toestemming om in hierdie geval die beskuldigdes se name en gesigte bekend te maak, omdat daar geen ander manier is waarop ons hulle kan opspoor nie. Hulle moet opgespoor word sodat hulle in ʼn hof kan tereg staan op die aanklagte teen hulle,” het sy gesê.

Sy het gesê die kinders is in ʼn plek van veiligheid geplaas en daar is geen manier dat die beskuldigdes met hulle kan kontak hê nie.

Enigiemand met inligting oor waar Chantel en John Deminey hulself mag bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Leseyego Matekane, by 078 400 7840 of 051 406 4499 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Hannelie ·

Griet ek moes ook 2 keer kyk na haar ouderdom. Sy lyk op of sy heelpad grondpad gery het. My ma van 76 lyk beter. Hoop hulle word gekry.

cathy ·

Hulle is hier in boksburg. Hulle bedel daar by pick and pay in elspark.

christa ·

het die howe nog nie geleer uit klein Poppie se mishandeling nie. Hoekom is hierdie mense nie toe gesluit nie? is hulle op borg vry gelaat?

christa ·

wat het van die kindermishandeling in Pretoria Noord geword. Is daardie klomp al gevonnis. Dit was mos die ma, pa, oupa, en oom wat betrokke was.

Ronel ·

Ek het ook al baie oor daardie saak gewonder, Christa. Kan Maroela nie n opvolg daaroor doen nie, asb?

Pat ·

Ek wonder ook. Met ons beroerde staatsinstellings kan mens net bid daardie ou kindertjies is regtig in ‘n plek van veiligheid en nie nog ‘n hool nie. Is daai mense nog in die tronk? Asb Maroela, volg vir ons die saak op.

Johan Bester ·

Johan vir President wit en swart sal reggesien word.Siek siek land

Sê maar net ·

Wonder maar net waarom hulle in die eerste plek borg gekry het…

Sharon ·

Ek stem saam. Hulle moes in die tronk gebly het, vandat hulle die eerste keer gevang is. Hulle verdien nie die vryheid na alles waardeur die kinders moes gaan nie.

Leana ·

Hoekom was hulle vry (uit op borg) om mee te begin en nie in aanhouding nie?

Danielle ·

Ek het nou ‘n ander vrou se comment gelees op die post op facebook wat se dat hul moet in villeria gaan kyk by die parkie op die hoek van 31ste laan. Ek hoop hul word gevang en sleutels weggegooi!

Wanda ·

As mens na die 2 van hulle se fb profiles gaan kyk dan kan mens nie glo dat hulle die kinders so verniel het nie. Mens wonder wanmeer dit begin het en hoelank dit aangehou het voor iemand gepraat het. Ek hoop die 2 word spoedig aangekeer, hulle moes in die eerste plek nie borg gekry het nie. !

wil ·

Het fb profiel gaan kyk. Die arme seuntjie moet op elke foto waar hy met n man is, of dit nou oupa of stiefpa is, is man soen. Arme dogtertjie lyk so verwese met daai spagetti streppies was geknoop is…. shame. My hart het gebreek daar waar boetie vir sussie vashou terwyl hulle slaap… ons hoop en bid dat die kinders emosioneel en geestelik sal herstel en nie letsels van kindwees saamneem in hulle volwasse lewe nie en dat hulle liefdevolle pleeghuise sal kry.

Wie weet ·

Hulle was lank in elsburg by die rugby klub hulle het werkies gedoen vir geld daar en daar geslaap hulle is so week terug weg daar hulle is iewers in brakpan hulle altwee was erg op drugs en die vrou het gebeetel by almal vir geld die man het nooit met die mense gemeng nie die oe se als van daai man hulle het heel normaal voorgekom soos iemand wat net sukkel die vrou is inteligent en slinks gaan soek hulle in brakpan

Theredsa ·

Op ‘n ander noot: So nou mag hul gesigte en name genoem word om hul te vind, maar daar is dan honderde ander kriminele of moontlike skuldige misdadigers wat altyd beskermend nie bekend gemaak mag word voor dit of dat nie. Weird.

Indien hul die gruweldade gepleeg het, ja, dis verskriklik en verdoemend – sou egter graag wou weet wat dryf ‘n mens tot so iets. Is daar plek in die hele gedoente van arrestasie en skuldigbevinding tot vonnis om sulke mense met ‘n maatskaplike/sosiale werker te laat gesels? Al is dit dan net om daardie persoon ook te laat besef waar die pad byster geraak is?? Wonder maar net. Bv. lyk hul albei baie ouer as ander van daardie ouderdom. Maar mens sien ook bittere pyn en lyding. Is dit dalk waarom daar harteloos opgetree word teenoor hul eie kinders? Waar begin als…

JSG ·

Wonder ek myself ook. Die polisie vra gedurig die publiek se hulp, maar hoe moet die publiek nou help indien weinig inligting bekend is. Blameer ons wetstelsel en grootendeels die regering vir daai een.

Peets ·

Hul hou name terug as dit enige seksmisdaad is, tot hulle in die hof gepleit het. (nie net in SA nie) as hul wel probeer vlug van die gereg, dan mag hulle fotos en name opsit, want hul vlug. Die eerste is so gemaak sodat as jy false beskuldig word(wat menigde kere al gebeur het met verkragting) om jou te beskerm.

kas ·

Hoekom is die “ouer mans ” nie ook gearresteer nie,want dit is verkragting.Die berig maak nie melding of dit hulle kinders is nie.

Lizelda ·

Ek verstaan nie hoe owerhede in die eerste plek borg kon toestaan nie. Hoeveel kinders moet NOG so verniel en aan gehou word as n bron van inkomste vir hulle dwelms. En ek se dwelms want dit en “siek seks speletjies” gaan altyd hand aan hand. Het die hof werklik gedink hulle gaan terug hof toe om n straf uit te dien?? Nee wat…duidelik het mense nie mooi gedink nie.

Hannetjie ·

Waarom sit die polisie dit nie op facebook nie. Vra vir almal om dit te “share” Laat dit viral gaan. Mense spoor hulle “Long Lost Family” op deur dit op facebook te sit.
Die feit dat hulle gevlug het is so goed as om skuld te erken.

Elsa ·

Dis vir my hartverskeurend dat so iets ooit met ‘n kind kan gebeur. Dis dan wanneer ek vir God wil vra hoekom sulke mense soos hierdie man en vrou kinders het en andere wat smag na ‘n kindjie en vir ‘n kind ‘n liefdevolle ouerhuis kan gee, nie kinders kan hê nie. Johan Bester, dis nie ons land wat siek is nie, maar die mense wat in hom woon. Dis vir my net so hartseer dat mense Suid-Afrika altyd sleg maak. ‘n Land kan homself nie slegmaak nie. Sê liewers ons het ‘n korrupte regering en ‘n korrupte regstelsel. Alles wat sleg is in ons land, word deur MENSE veroorsaak. Wat nogal vir my opvallend is, is dat hierdie tipe misdade van kindermishandeling meestal deur blankes gepleeg word. Selfs ons blankes dra ook by tot die toestand waarin SA is en ons kan nie altyd net die vinger wys na ander bevolkingsgroepe nie.

Wie weet ·

Die Elsburg rugby club is in Elspark Hulle is in brakpan het hulself daar gesien by die Palm Brink Rugby stadium saterdag

cathy ·

Het hulle ook by elspark pick and pay gesien. Weet nie of hulle nog daar is.

Maggie ·

Ek sien hier is n hele paar leidrade.. het julle mense dit na die ondersoek span deurgegee??

Bokkie van der Merwe ·

Het enige iemand al die nommer geskakel en die leidrade deurgegee. Asb doen dit so gou moontlik.

joani ·

Hi, Ja ek bevestig ook het hulle by die elspark sportsgronde gesien en al voor my huis ek bly by die pick pay

Joe ·

Nou bel die polisie met julle inligting! Om kommentaar te lewer op MM gaan nie help nie.

HESTER ·

Ek lees kommentaar van almal dan is daar persone wat omgee oor die vrou se ouderdom en hoe sy lyk, ens. Dit is nie belangrik nie bid vir hulle en spesiaal vir die twee kinders wat onskuldig in die petalje ingesleep is. Hoop die twee word gou gekry dat hul kan boet vir wat hul aan die twee onskuldige kinders gedoen het.

MIchelle ·

Bevestig deur ao Matekane – die twee gruwelaars is gearresteer vandag.

Shaun ·

Jip hulle is vandag gearresteer in Pretoria Noord . Oplettende polisiebeampte het hulle herken . Mooi werk manne in blou

Gerhard ·

Die Here almal vergewe alles, maar ek hoop nie Hy vergewe iemand wat ‘n kind onreg aandoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.