Polisie op soek na kapers

bloulig-320x203Die polisie in Krugersdorp en Muldersdrift aan die Wes-Rand is op soek na drie kapers wat hulself glo as polisiebeamptes voordoen.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die drie mans het Saterdag in ʼn Audi S3 op R540 by Krugersdorp gery toe hulle ʼn spoedhobbel teen ʼn hoë spoed getref en die motor beskadig het. Die kapers het die motor, wat verlede maand in Olievenhoutbosch gekaap en met bou ligte en ʼn sirene toegerus is, op die toneel gelos. Die kapers het hierna ʼn bakkie gekaap en die bestuurder gedwing om hulle weg van die toneel af te ry. Mogale sê die mans het die bakkie op die M5 in Muldersdrift gelos en ʼn wit Hyundai Tucson gekaap wat hulle ook later langs die pad gelos het en op die vlug geslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.