Polisie op soek na man wat 7-jarige glo verkrag

‘n Polisieskets van die verdagte. (Verskaf deur SAPD)

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na ʼn man wat na bewering ʼn sewejarige dogtertjie verkrag het en daarna aan ander lede van die gemeenskap gesê het sy huil omdat sy nie wil skool toe gaan nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het op 11 Mei in Mfuleni in Khayelitsha gebeur. Die kind het omstreeks 07:30 skool toe gestap toe die man haar glo oorval en in ʼn nabygeleë veld ingesleep het waar hy haar verkrag het.

Die man het daarna met die huilende kind teruggestap en mense het hulle voorgekeer en die man gevra hoekom die dogtertjie huil. Hy het gesê sy huil omdat sy nie wil skool toe gaan nie. ʼn Vrou het egter onraad vermoed en ʼn verbygaande polisievoertuig voorgekeer. Dit is toe dat die man op die vlug geslaan het.

Die polisie kon nog nie daarin slaag om die man vas te trek nie en het ʼn identikit saamgestel om hulle in hul ondersoek te help. Enigiemand wat die man in die skets herken, word versoek om ao. Tino Plaatjies by 082 234 1725 of 082 522 1047 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AWVDM ·

Wie op aarde laat toe dat hulle 7 Jarige kind skool toe loop….

Lalla ·

Haai kan jy glo dat daar mense sonder karre is? Mense wat werk net om die pot aan die kook te hou sonder ekstra geld vir nodige toesig? Seker ondenkbaar vir jou.

AWVDM ·

@Lalla , jy het geen idee van my Lewens ervaringe …. as ek n ouer was … sou ek n plan gemaak het …. geld of nie geld nie….

Haai ·

Lalla, jou sarkasme is regtig onaangenaam en ongevraagd. Daar moes gereel geword het, dat die dogtertjie [en alle kinders] elke dag ten minste saam met verskeie leerders skool toe stap.

Neels ·

Typical Saffa houding, blammeer die victim eers. Die vraag moet wees WIE VERKRAG N 7 JARIGE, WIE VERKRAG.

Alida ·

Hoop hulle vang die vark voor die polisie hom vang want dan gaan hy hop.

Cherokee ·

AWvanderMerwe, wàt as die ma èn die pa (net miskien) teen daardie tyd albei werk toe moes verkas om die pot aan die kook te hou?

Verkas ·

Dan reel die ma en die pa met ander ouers wat kinders in dieselfde skool het, om elke dag saam met hul dogter skool toe te stap.

Jy's reg ·

Jy’s reg Cherokee, dit behoort veilig te wees vir ENIGE iemand van ENIGE ouderdom of geslag om sy/haar reg uit te oefen in handel en wandel. Dis mos reg so, né Lindiwe ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.