Polisie op soek na ‘skelm’ buffel-verkoper

Jaco Opperman. Foto: Verskaf

Jaco Opperman. Foto: Verskaf

Die Limpopo-polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help met die opspoor van ʼn man wat die polisie kan bystaan met verskeie bedrogsake wat verband hou met kamma buffel-verkope.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn man wat homself as Jaco Opperman voordoen, adverteer buffels te koop op die internet.

“Mense wat belangstel om buffels te koop moet dan ʼn deposito in ʼn bankrekening inbetaal en nadat die geld inbetaal is, verdwyn die verkoper,” het Otto gesê.

Opperman het na bewering ook onder die name Tinus Rassie Ras, Kobus Kruger en Rodney Enslin “sake” gedoen.

“Dit het onder die polisie se aandag gekom dat hy die polisie ook kan bystaan oor soortgelyke gevalle in Midrand in Gauteng en in Lephalale.”

Mense wat Opperman sien of weet waar hy hom bevind, word versoek om konst. Rossouw by die Modimolle-speurdiens by 071 133 8524 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gesiggie

Ai jou Buffel, dink jy nou regtig jy sal net so kon verdwyn… en dit met al jou skelm streke… mense ek het al eenkeer weens n vals advertensie, amper geld verloor, maar gelukkig het ek eers dood seker gemaak, hoe en wat? en ja… dit was ook n makker met n skelm streek… n mens kan nie in vandag se lewe net geld inbetaal, sonder dat jy verseker is, dat die transaksie 100% suksesvol sal wees.. maak seker van al die feite… onthou net, iets wat te goed is om waar te wees? kan nie waar wees… Jaco ,… Lees meer »

Hasie

Ek sien hy het ‘n trouring aan sy vinger, dalk weet sy vrou waar hy is. Of belieg hy haar ook?

NEL

Kan amper nie glo die man kan skelm wees nie, hy lyk of hy uit ‘n kerlike familie kan kom en ‘n egte gesins man kan wees. Hulle wat so froom is , is die skelm onder die skelms, ken hulle soort.

m

Party mense sal ook enige iets doen vir geld. Wat presies dink so mens. Jy gaan tog gevang word en dan gaan jy tronk toe so is dit nou alles die moeite werd?

ig

Weddenskap,voor die son sak is sy doppie geklink.