Polisie op soek na ‘skelm’ buffel-verkoper

Jaco Opperman. Foto: Verskaf

Jaco Opperman. Foto: Verskaf

Die Limpopo-polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help met die opspoor van ʼn man wat die polisie kan bystaan met verskeie bedrogsake wat verband hou met kamma buffel-verkope.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn man wat homself as Jaco Opperman voordoen, adverteer buffels te koop op die internet.

“Mense wat belangstel om buffels te koop moet dan ʼn deposito in ʼn bankrekening inbetaal en nadat die geld inbetaal is, verdwyn die verkoper,” het Otto gesê.

Opperman het na bewering ook onder die name Tinus Rassie Ras, Kobus Kruger en Rodney Enslin “sake” gedoen.

“Dit het onder die polisie se aandag gekom dat hy die polisie ook kan bystaan oor soortgelyke gevalle in Midrand in Gauteng en in Lephalale.”

Mense wat Opperman sien of weet waar hy hom bevind, word versoek om konst. Rossouw by die Modimolle-speurdiens by 071 133 8524 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gesiggie ·

Ai jou Buffel, dink jy nou regtig jy sal net so kon verdwyn… en dit met al jou skelm streke… mense ek het al eenkeer weens n vals advertensie, amper geld verloor, maar gelukkig het ek eers dood seker gemaak, hoe en wat? en ja… dit was ook n makker met n skelm streek… n mens kan nie in vandag se lewe net geld inbetaal, sonder dat jy verseker is, dat die transaksie 100% suksesvol sal wees.. maak seker van al die feite… onthou net, iets wat te goed is om waar te wees? kan nie waar wees… Jaco , Thinus, Rassie Ras, Kobus Kruger……Opperman.. wat ook al jou naam regtig is? al het die geld jou so bietjie geluk gebring vir nou… ? gaan jy nog berou” You can Hide… maar hul gaan jou jag… tot hul jou kry…^_^”

Hasie ·

Ek sien hy het ‘n trouring aan sy vinger, dalk weet sy vrou waar hy is. Of belieg hy haar ook?

André ·

Dalk is dit nie eers hy wat op die foto is nie. Ek meen regtig?……kan hy so doem wees?

NEL ·

Kan amper nie glo die man kan skelm wees nie, hy lyk of hy uit ‘n kerlike familie kan kom en ‘n egte gesins man kan wees. Hulle wat so froom is , is die skelm onder die skelms, ken hulle soort.

Hannelie ·

Hoe sê hulle…if looks could kill. Moenie dat ‘n vroom skoon gesiggie jou flous nie. Ek hoop hul vang hierdie skelm.

m ·

Party mense sal ook enige iets doen vir geld. Wat presies dink so mens. Jy gaan tog gevang word en dan gaan jy tronk toe so is dit nou alles die moeite werd?

bronwen ·

Hy gaan tronk toe kom uit…gaan terug kom weer uit! Hy word orals gesoek!!

Griki ·

Mense wat ‘n deposito betaal op iets wat hulle nog nie eens gesien het nie, gee hulleself uit vir toffies – en toffies word gekou.

Takkie Takuuza ·

Ja nee. Die manne wat buffels kan bekostig behoort nie so gevang te word nie.

Spies52 ·

Sluit eenvoedig die man se rekening dan moet hy sy skelmstreke in kontant doen en trek hom dan vas.

Susan du toit ·

Kan nie verstaan hoe kan hy bank rekenings he wat hom nie kan kry nie probeer n rek oop maak ek het dieselfde geval gehad met kleure wat ek bestel het geld oorbetaal en nooit dit gekry nie

Karel ·

Wie se dis hy in daai foto , dit kan sowel n Nigerian wees met ‘n vals profiel en foto.

Johan ·

Karel glo my dis hy in daai foto ek soek hom al amper ‘n jaar

Anoniem ·

Jou eie skuld as jy stupid en dom wil wees. Geen logiese mens betaal geld in iemand se rekening voordat jy nie die produk gekry het nie….So sorry geen simpatie!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.