Polisie op soek na supermark-rowers

Foto verskaf deur die SAPD Limpopo

Die polisie in Limpopo is op die spoor van ʼn groep persone wat die plaaslike supermark by Lebomall, in Lebowakgomo buite Polokwane, beroof het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep mans, geklee in die winkel se uniform, het op 27 November 2019 omstreeks 19:10 toegeslaan, en hulself as werknemers voorgedoen. “Een verdagte, gewapen met gewere en pistole, het deur die agterdeur ingestorm en die kassiere gedreig en begin om kontant in ʼn groot plastieksak te laai,” het Ngoepe gesê.

Die ander verdagtes het by die kluiskamer ingekom en by hul medepligtige aangesluit. “Die kassiere is gedwing om al die kontant te oorhandig.”

Die verdagtes kon met ʼn onbekende bedrag kontant wegkom sonder dat hulle geïdentifiseer is.

“Die polisie is ontbied en hulle het vinnig reageer. Die ondersoek het begin en ʼn soektog is van stapel gestuur. Die saak is daarna deur die provinsiale speurders oorgeneem vir verdere ondersoek.”

Die verdagtes is steeds onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ʼn beroep op die persone wat in die meegaande foto’s verskyn om by die Lebowakgomo-polisiestasie of naaste polisiestasie aan te meld om die polisie in hul ondersoek by te staan, het Ngoepe bygevoeg.

Enigiemand met inligting word versoek om lt.kol. Richard Boshomane te kontak by 079 894 5501 of kapt. Rodney Ndou by 082 047 1266.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gawie ·

Beslis ‘n ‘inside job’. Presies geweet waar die geld gehou word, en maatskappy-uniforms ook beskikbaar gehad.

LiveAndLetLive ·

Lyk nie vir my of hulle juis swaar kry nie, sommer net misdaad en eie veryking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.