Polisie op soek na transitorowers

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn groep gewapende mans wat Vrydagoggend omstreeks 10:30 op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en kontant gebuit het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die geldwa was van Schoemansdal na Kamhlushwa op pad toe ʼn silwerkleure BMW en ʼn goudkleure Volkswagen Amarok hulle teen ʼn hoë snelheid begin volg het.

“Die insittendes in die BMW het langs die geldwa gery en die bestuurder met ʼn vuurwapen gedreig om stil te hou. In hierdie stadium het die veiligheidsbeamptes opgemerk dat ander motors, insluitend ʼn swart BMW, die pad versper, met ʼn groep mans wat met aanvalsgewere bewapen was,” het Bhembe verduidelik.

Die G4S-voertuig het stilgehou en die veiligheidswagte is gedwing om uit te klim en hulle vuurwapens is by hulle afgeneem. “Die rowers het daarna die geldwa oopgeblaas en met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.”

Bhembe het gesê ʼn soortgelyke voorval het Dinsdagoggend omstreeks 06:00 plaasgevind toe twee Fidelity-geldwaens ook van kontant beroof is. Die polisie is steeds op soek na die oortreders. “Volgens inligting was die twee voertuie op pad na pensioen-uitbetalingspunte in Zwelisha en Luphisa toe hulle opgemerk het ʼn wit Toyota-bakkie agtervolg hulle. Hulle het die verdagte voertuig probeer ontduik, maar een van die geldwaens is by Zwelisha voorgekeer. Rowers in ʼn wit BMW het hierna by hul medepligtiges in die bakkie aangesluit. Die geldwa is oopgeblaas en die rowers het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.”

Niemand is nog in verband met die twee voorvalle in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

‘n BMW & ‘n Volksie het hulle teen ‘n hoë snelheid begin volg. Teen ‘n hoë snelheid? Nou waarom jaag die geldwaens so dat ‘n hoë snelheid nodig is om hulle te volg? Miskien was dit oorspronklik bloot ‘n spoedlokval waartydens die spoedboete toe onmiddellik gehef is.

zoom zoom ·

Die rooftogte op die geldwaens raak nou ‘n allerdagse ding. Iewerste us daar ‘n slang in die gras want die rowers kom altyd weg. Wat se spoorstelsel gebruik die firmasdat hulle nie onmiddelik iets verdags kan aanmeld by hulle HK of SAPD. Voertuie moet toegerus word met kameras wat info stoor in ‘n blackbix soos wat in vliegtuie gebruik word.

CHRISTA ·

Hierdie transitorowe is ook vir my baie verdag!! Ek laat my nie vertel dat ‘n gepanserde voertuig nie deur ‘n versperring kan jaag wat deur gewone motors gemaak word nie!! Ons motors, al is dit BMW’s of Mercs se bakwerk is 75% plastic!!! So ‘n gepanserde voertuit sal mince van hulle kan maak DAAROM is hulle gepanser!!!

Gerrit ·

Die opskrif se polisie soek na transito rowers , ek wonder hoekom het hulle nie genoeg in die saps nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.