Die polisie in Mpumalanga is nog steeds op soek na ʼn groot groep mense wat op die pad tussen Verena en Witbank ʼn transitovoertuig beroof het.
“ʼn Groot groep mense het Dinsdag omstreeks 07:00 skielik te voorskyn gekom en op die transitovoertuig se bande geskiet,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het die geld gesteel en verdwyn. Die veiligheidswagte is nie beseer nie.”
Die polisie het later op die toneel beslag gelê op twee vuurwapens.
Die bende het glo vervalste polisieuniforms aangehad en het weermagtoerusting gebruik.
Enigiemand met inligting oor die bende word versoek om ao Moroka Tsoai te skakel by 082 780 2365.
Dit was nie vervalste uniforms nie.Wolf is mos deesdae skaapwagter
Ek dink nou aan 2 goed:
1. Inside job
2. Hoekom was die transito voertuig sonder begeleiding?
Hoekom reik sap ook nie n beloning uit van R100 000 soos in die geval van die sabc mense nie, korrup