Polisie op soek na transitorowers

sbv 2Die polisie in Mpumalanga is nog steeds op soek na ʼn groot groep mense wat op die pad tussen Verena en Witbank ʼn transitovoertuig beroof het.

“ʼn Groot groep mense het Dinsdag omstreeks 07:00 skielik te voorskyn gekom en op die transitovoertuig se bande geskiet,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het die geld gesteel en verdwyn. Die veiligheidswagte is nie beseer nie.”

Die polisie het later op die toneel beslag gelê op twee vuurwapens.

Die bende het glo vervalste polisieuniforms aangehad en het weermagtoerusting gebruik.

Enigiemand met inligting oor die bende word versoek om ao Moroka Tsoai te skakel by 082 780 2365.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ig ·

Dit was nie vervalste uniforms nie.Wolf is mos deesdae skaapwagter

Boesman ·

Ek dink nou aan 2 goed:

1. Inside job
2. Hoekom was die transito voertuig sonder begeleiding?

scalla ·

Hoekom reik sap ook nie n beloning uit van R100 000 soos in die geval van die sabc mense nie, korrup

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.