Polisie op soek na ‘Undercover Billionares”

Foto verskaf deur die Valke

Die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, het lasbriewe bekom vir die inhegtenisneming van die uitvoerende hoofde van Undercover Billionaires in verband met ʼn onwettige multimiljoen rand se beleggingskema.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Louis Jacob Tshakoana (70) en sy vrou, Komane Suzen Tshakoana (55) het na bewering tussen 2014 en 2018 niksvermoedende klante landswyd oorreed om in die beleggingskema, “Undercover Billionaires”, te belê. “Verdere ondersoek het aan die lig gebring die familie se maatskappy is nie by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) geregistreer nie. Beleggers is verlei met beloftes van buitengewone opbrengste op hul kapitaal wat hul uiteindelik verloor het,” het Mulamu verduidelik.

“Die aanvanklike saak van bedrog is in Julie 2017 aanhangig gemaak teen Louis Tshakoana Jr (29), die egpaar se seun. Hy het hom in Maart 2018 by die Valke se kantoor in Johannesburg oorgegee. Sy ouers en ʼn prokureur het hom vergesel. Hy het in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R70 000. Die saak is tot 6 Junie 2019 uitgestel vir verdere ondersoek.”

Mulamu het gesê verdere ondersoek het albei sy ouers geïmpliseer en toe pogings aangewend is om met hulle kontak te maak, was dit duidelik dat hulle hulself uit die voete gemaak het. “Lasbriewe vir hul inhegtenisneming is gevolglik uitgereik.”

Enigiemand met inligting oor waar die gesin hul bevind word versoek om kapt. Hanyani Ngobeni te kontak by 071 481 3574 en lt.kol. Yolisa Sabela by 071 481 3612. “Inligting sal streng vertroulik hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Wat n gepaste naam vir onderduimse bedrywighede = “Undercover Billionairs” Na die borgtog word daar nou LAAG gele om hul naam gestand te doen!He-he-he!

Bernard Hellberg ·

Sulke blink “pointy” skoene word geborg deur dom, gierige mense ????

EP ·

Hoekom moet publiek help soek omdat polisie onbevoegd is? Nee manne lig bietjie daardie dik allies en doen self jul werk waarvoor jul betaal word! Hoe kan mens hul vertrou met ‘Inligting sal streng vertroulik hanteer word’

Sanna ·

Eerlike foppers met daardie “Undercover Billionaires” naam, 10 uit 10!

Naguiltjie ·

Hulle doen maar wat die politici ook doen, lieg en bedrieg mense. Daar sit n klomp “undercover billionares” in die parlement, die polisie moet daar begin soek!

jax ·

nee kom nou sit bietjie daar ‘n goeie los prys vir die spul,
as hulle so baie geld het sal dit nie my verbaas as hulle ‘n “bunker”iewers het
of iewers op ‘n tropiese eieland lê en uit ‘n pynappel drink!
hoop MM hou ons op hoogte, want ek dink nie ryk dik nekke kan lank wegkruip!
hoop die valke doen ‘n goeie werk

Sophia ·

Ek verstaan nie regtig nie… Die seun het hom in Maart 2018 by die Valke oorgegee, en hy was vergesel van sy ouers toe hy dit gedoen het. Hy alleen is borgtog toegestaan van R70000. NOU: Hoekom is die ouers nie ook in hegtenis geneem nie??

Drieks ·

Net die tv program waarop hul was het verraai daar word groot geld gemaak net om voor rekenaar te sit. Waar was die inteligensie om nie te sien hier is fout nie. !!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.