Polisie op soek na ‘vals’ polisiebeamptes

Een van die verdagtes wat homself glo in Heilbron in die Vrystaat as 'n polisiebeampte voorgedoen het (Grafika verskaf deur die SAPD) (Mei 2016)

Een van die verdagtes wat homself glo in Heilbron in die Vrystaat as ‘n polisiebeampte voorgedoen het (Grafika verskaf deur die SAPD) (Mei 2016)

Die polisie in Heilbron in die Vrystaat het foto’s vrygestel van persone wat hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen en slagoffers beroof het.

“Die slagoffers was op 3 Mei 2016 omstreeks 06:30 op die pad tussen Heilbron en Sasolburg op pad na Johannesburg,” het sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle is deur ʼn voertuig, met ʼn blou lig op die paneelbord, afgetrek, en hulle was onder die indruk dat dit ʼn amptelike polisievoertuig was.”

Volgens Mpakane het die persone die slagoffers se rybewyse en voertuiglisensie nagegaan en die motor deursoek. “Hulle het die slagoffers daarna geboei. Die slagoffers het onraad vermoed en probeer weghardloop, maar een van die aanvallers het ʼn skoot op die persoon gevuur en hom aangesê om nie te beweeg nie.”

Die aanvallers het ʼn onbekende bedrag geld gesteel voor hulle met die slagoffers rondgery en hulle uiteindelik op ʼn verlate plaaspad agtergelaat het. “ʼn Boer het hulle toegesluit in die motor gevind en hulle vrygelaat,” het Mpakane bygevoeg. “Die saak is daarna by Heilbron-polisie aangemeld.”

Enigiemand met inligting oor die verdagtes word versoek om ao Hendrikse te kontak by 079 876 9201.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

re: ‘n boer het hulle toegesluit in die motor gevind en vrygelaat.

Dan moet daar miskien maar aanwysings in die kar geplak word wat aandui hoe om die kar van binne oop te maak. Of was hulle in die kattebak? Of steeds geboei? Die berig vertel nie so nie.

Piet Piper ·

Begin sommer met die soektog tussen sekere parlementslede se families.

Marina ·

Ja en stop jy nie word jy aangekla vir dwarsboming van die gereg mens weet nie meer wat om te doen in die land nie, dit is so sad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.