Polisie op soek na verdwaalde kleuter se gesin

Die polisie in Limpopo is op soek na dié seuntjie se gesin. (Foto: SA Polisie)

Die polisie in Musina is op soek na die familie van ʼn klein seuntjie, bes moontlik nie ouer as drie nie, wat stoksielalleen in die omgewing gevind is.

Konst. Monatse Mamabolo, polisiewoordvoerder, het gesê die kind is Donderdag naby die Mushongoville-nedersetting gevind.

Hy het ʼn blou T-hemp, grys broekie en blou-en-groen skoene aangehad.

Die seuntjie het gesê sy ma se naam is Unarine Chauke, maar hy kon glad nie sê waar hulle woon nie.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om vorendag te kom met inligting wat die seuntjie weer met sy gesin kan help herenig. Enigiemand met inligting kan die polisie se StopMisdaadnommer bel by 08600 10111, die naaste polisiekantoor kontak, óf sers. Munungufhala bel by 072 907 4210.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.