Polisie op soek na vermeende plaasaanvallers

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Waterval-Boven in Mpumalanga is op soek na ses persone wat Sondagoggend op ʼn plaashuis in die omgewing toegeslaan het.

“Die eienaar, ʼn 72-jarige man, het alleen by die huis geslaap toe die mans hom oorval het,” het kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans het klapmusse gedra en twee van die mans was met vuurwapens gewapen. Hulle het geld en vuurwapens by die man geëis. Hy het gesê hy het nie geld of vuurwapens nie.”

Die aanvallers het hom gedreig en hom vasgebind voor hulle die huis deursoek het. Hulle het ʼn onbekende bedrag kontant, ʼn .38-rewolwer en ander eiendom gebuit voor hulle te voet gevlug het.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die verdagtes om ao Raymond Mamaila te kontak by 072 023 1542.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pieter ·

Nou wil die polisie skielik belangstel om plaasaanvallers te soek. Die verkiesingsfoefie, tot anc weer wen dan gaan die boere ,wit of swart, aangeval word. Mense maak julke oe oop, daar is niemand wat meer kan lieg as na n jag, visvang of voor n verkiesing nie.

willem Botha ·

Ek wonder elke dag hoekom die polisie weier om proaktief op te tree met verskeie misdaad voorkoming inisiatiewe hulle sien hulle manier werk nie maar hulle hou net aan.

Heksie ·

Toe my oupa in die 80’s vermoor is op sy plaas het die polisie binne 3 dae die eerste 3 gevang. Die 4de verdagte is later jare in Lesotho opgespoor. Ongelukkig was die moratorium op die doodstraf van krag en het hulle na hul appél geslaag het, nie die galg gekry soos ons gehoop het nie.

hercu ·

“Be still in the presence of the Lord , and wait patiently for him to act. Don’t worry about evil people who prosper or fret about their wicked schemes. For the wicked will be destroyed, but those who trust in the Lord will possess the land. But the Lord just laughs, for he sees their day of judgment coming” – Ps 37

jean ·

En weer bly die oom alleen….?
Niemand word gesoek nie. Hulle het net nie die vermoë of kapasiteit om dit te vermag nie. Buitendien gebeur daar hoeveel aanvalle per dag op witmense maar die oortreders word nooit opgespoor.

@hercu…ek stem 100% saam. Wat gesê is sal gebeur…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.