Polisie op soek na vermiste man en kind van Gordonsbaai

Morne Neiring (Foto: SAPD)

Morne Meiring (Foto: SAPD)

Die polisie in Gordonsbaai in die Wes-Kaap het die publiek se hulp versoek om Morne Meiring (32) en sy vyfjarige seun te vind.

Meiring het uit sy huis in Gordonsbaai saam met sy vyfjarige seun, Corne Meiring, verdwyn, het konst. Noloyisa Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Hy en die seun het glo Donderdag omstreeks 15:00 met sy meisie se motor, ʼn rooi Volkswagen Polo, weggery. Die motor het nie nommerplate nie,” het Rwexana gesê. Dit is Meiring se biologiese kind.

Meiring het tattoes op sy rug en bors, ʼn hart met die naam “Adele”. Hy het ook ʼn tier op sy linnkerarm en die name Heinrich, Corne en Jaden.

Enigiemand met verdere inligting word versoek om Crime Stop te skakel by 08600 10111.

OPVOLG: Gordonsbaai-man en -kind veilig opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat het dit met enigiemand uit te waai ?! ·

as `n pa met sy kind weg ry ?

Wenner ·

Ek spreek nou regtig onder korreksie, maar is hul nie gevind nie? En “Wat het dit met enigiemand uit te waai” sou jy nie ook na die pa en kind begin soek het as hul te lank wegbly nie? Dis tog logies?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.