Polisie op soek na vermoorde egpaar se seun

Herman Pienaar jr.

Herman Pienaar jr.

Die polisie is op soek na Herman Pienaar (35) wat hulle moontlik kan bystaan in ʼn ondersoek nadat sy ouers in hul huis in Valhalla in Centurion, Gauteng, doodgeskiet is.

“Herman en Christine Pienaar is Donderdagmiddag vermoedelik tussen 16:00 en 19:00 doodgeskiet,” het konst. Leon Meyer, die ondersoekbeampte, Vrydag aan Maroela Media gesê. “Herman jr. kan ons moontlik bystaan in ons ondersoek.”

Pienaar ry glo met ʼn blou Kia Picanto met die registrasienommer VVG993GP. “Hy is vermoedelik ook gewapen met ʼn .9mm-pistool, 12 boor-haelgeweer en ʼn .25-pistool,” het Meyer gesê. “Hy is na bewering bipolêr-depressief en word as onstabiel en gevaarlik beskou.”

Volgens Meyer moet die publiek, indien hulle vir Pienaar opmerk, hom nie konfronteer of probeer aanhou nie, maar dadelik met die polisie in verbinding tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anon ·

As hierdie man nie skuldig is nie vreet ek my hoed op. Hoe kan jy jou eie ouers vermoor!! Nee regtig mense is siek. Hoop jy word vinnig gevang en weg gebêre vir altyd!!!

Danielle ·

Ek hoop maar dat hierdie man spoedig opgespoor sal word. Die wereld raak by die dag meer en meer deurmekaar.

Hennie ·

Dit is baie duidelik dat hierdie vent geestelik ernstig siek is! Hoekom is hy só tot die tande gewapen? Ek ruik ‘n rot!

Euneda ·

Hierdie man hoort in n gestig. Waar kry hy al die wapens? Familie moet mekaar bystaan, nie vermoor nie. Vang die man en gooi hom lewens lank in n gestig waar hulle 24/7 agter tralies is.

Adele ·

Julle verwysing na die Bipoler was bietjie oorbodig. BAIE mense ly aan die toestand tesame met nog ander geestestoestande maar maak hulle nie noodwendendig gevaarlik nie. Die man is bes moontlik n gevaar maar nie noodwendig agv sy bipoler nie. Julle skep n pretens dat mense met bipoler gevaarlik is. Indien die seun wel skuldig bevind word deur die Hof sal hy sy straf uitdien vir sy daad

Josa vd Walt ·

Die Pienaar gesin en ons was huis vriende in Bloemfontein. Moet asseblief nie oordeel nie. Mag God alleen vir Herman genade skenk. Sterkte Leon

Kollega ·

Josa – Herman en Christine was sulke spesiale mense. Herman die sagste mens wat ek ontmoet het. Hierdie is n tragedie. Hul ander seun, Leon, is drie jaar terug oorlede. My gebede is by Herman Jnr – wat het verkeerd geloop? Sy ouers het hom altyd ondersteun met sy siekte, en alles wat hy aangepak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.