Polisie op soek na vrou ná baba verdwyn

Foto: Pink Ladies.

Die polisie in Gugulethu naby Kaapstad is op soek na Sinovuyo Nodali (32), ʼn vrou wat hulle moontlik kan bystaan in die ondersoek na die verdwyning van ʼn twee maande oue dogtertjie. Die baba behoort aan haar vriendin.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die kind het Saterdagoggend uit Kiki Hostels in Gugulethu verdwyn toe die ma die baba, Anoyolo Maqashu, en haar agtjarige dogter by Nodali gelaat het toe sy gaan inkopies doen het.

Toe sy ure later terugkeer huis toe het sy net die agtjarige daar aangetref. Nodali en die baba was skoonveld.

“Nodali se vriend is ondervra en hy het aangedui dat sy na die huis gekom het, al haar klere geneem het en die huis verlaat het. Die vriend het gesê dat Nodali hom die dag tevore vir geld gevra het en dat hy dit vir haar gegee het.”

Nodali is van Tsolo in die Oos-Kaap, maar dit word beweer dat sy moontlik na Johannesburg kon reis.

Enigiemand met inligting oor waar Nodali haarself bevind kan speurder Mongi Ngedle by 078 221 7817 bel.

Die Pink Ladies-organisasie het gesê Anoyolo het ʼn wit pakkie aan en het ʼn blou handdoek by haar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Penellope Jones ·

Ai, ek hoop die ou babatjie word gou en ongedeerd gevind!!

M ·

Ons los ons kinders nerens, nie eens by hul oudste sus nie, eerder te versigtig en paranoid as spyt.

hoop hul vind haar vinning, dis nie lekker nie.

Msp ·

Sjoe, bitter hartseer nuus. Julle is in my gebede. Ek bid dat die baba gou veilig en gevind sal word. Ek as ouer kan my indink hoe etg dit vir julle moet wees.

GM ·

Die vriend los die vrou om al die baba se klere te vat? Ek hoop hy word gepos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.