Polisie op soek na Ysterman-atleet

David Bellet-Brissaud (Foto verskaf deur SAPD)

Die polisie in Humewood, Port Elizabeth is dringend op soek na David Bellet-Brissaud (48) wat vroeg Vrydagoggend verdwyn het.

Bellet-Brissaud en sy vrou, van Gaboen, het Donderdagmiddag omstreeks 15:20 by die Paxton-hotel in Port Elizabeth ingeboek. Hy was in Port Elizabeth om aan die Ysterman Afrika-kampioenskap deel te neem.

“Die egpaar het uitgepak, op die strand gaan stap en later die aand saam met vriende (ook deelnemers van Gabon) by die Boardwalk-sentrum gaan uiteet,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die egpaar het omstreeks 21:00 na hul kamer teruggekeer. “Sy vrou het omstreeks 01:00 wakker geword en gesien haar man is nie in die kamer nie. Hy het spoorloos verdwyn en is nog nie weer gesien nie.”

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys Bellet-Brissaud het die kamer verlaat, uit die hotel en in die straat af gestap. Dit is nie duidelik in watter rigting hy begin stap het toe hy in die hoofstraat gekom het nie. “Hy het nie sy selfoon of beursie saam met hom geneem nie. Hy het ʼn swart oortrektop met ‘Adidas’ daarop, aangehad. Hy het ook ʼn blou denim en tekkies aangehad.”

Bellet-Brissaud het ʼn voorskrifbril en ʼn baard. Sy hare is effens lank. Hy praat nie vlot Engels nie.

“Dit is die eerste keer wat die egpaar Port Elizabeth besoek. Hy is nie vertroud met die omgewing nie.”

Enigiemand wat Bellet-Brissaud sien word versoek om ao Eric Mathews te kontak by 083 380 3714.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Magda ·

Waarom het die hotelpersoneel nie vir die man gese dit is gevaarlik om in SA die nag in die strate rond te dwaal nie. Hy is seker gewoond daaraan dat hy so iets veilig is sy eie land kan doen. Ek hoop hy word veilig en gesond gevind.

Dissie ·

Vraag is… Waarheen gaan jy tussen 21:00 en 1:00 van die nag?

Karolis ·

Middernagtelike besigtigingstoere,
venster loerkoop,
african experiance,
uhm…. en nog vele meer.

Gerrit ·

Hulle soek ook alles pleks soek hulle na maniere om die MISDAAD te wen

Valerie ·

Wie weet? Dalk waar hy vandaan kom (soos baie veilige lande in die wêreld) is dit normaal om in die aand in die stad rond te stap; daar is niks meer verkeerd nie. Ek het dit self al gedoen. Ek weet nie wat jy probeer insinueer nie, maar hou maar daai gedagtes vir jouself todat ons regtig weet waar die man is en of hy nog lewe. Hy is ‘n ysterman, after all.

jean ·

Indien iemand verdwyn in hierdie land, en veral gedurende daardie ure, sal hulle verseker nie lewend gevind word. Wat die hotelpersoneel betref….almal aan diens slaap teen daardie tyd …….

ek vra jou ·

Hoekom dink bostaande kommnetare die man is NIE van SA. Daar is nêrens genoem hy is van ‘n ander land nie. Mens hoop maar hy word veilig en ongedeerd gevind.

Sune van Heerden ·

Dagsê ek vra jou

Die artikel dui wel aan dat die egpaar van Gaboen afkomstig is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

annatjie ·

Aai Genade. Het hul man al gekry. Sjme Ja alles is maar vreemd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.